Vyf outomasjiene is in hokke by die dieretuin in Berlyn geïnstalleer vir hongerige apies wat op soek is na iets te ete.
Die masjien bied ʼn spesiale uitdaging aan gorillas en ander ape en hulle moet geduld, eerder as geld, gebruik om die kos uit die masjien te kry, het Andre Schuele, veearts by die dieretuin, gesê. “Hulle gebruik stokkies om die korrels stukkie vir stukkie tot by die uitgang te ‘vervoer’,” het hy verduidelik.
Dieretuinbewaarders besluit deur middel van ʼn interval-tydhouer wanneer die lekkernye beskikbaar gestel word. “Met behulp van ʼn afstandbeheer kan ons die diere die hele dag lank besig hou,” het Schuele bygevoeg.
Die kos wat die diere deur die lekkernymasjien ontvang, word van hul daaglikse rantsoen afgetrek, so daar is dus nie ʼn risiko dat die diere gewig sal optel nie.
Ek sien al hoe wip die gorilla hom omdat hy gaan sukkel om die lekkernye te kry….hou maar Tim Noaks se dieet naby vir ingeval hy die ding oop kry en alles verorber!