Ma se geen-geskenke-reël vir partytjie laat ander ouers frons

Argieffoto (Foto: Alain Audet/Pixabay)

ʼn Ma het groot reaksie op sosiale media uitgelok toe sy gesê het sy stel ʼn “geen-geskenke-nie” reël in vir haar kind se derde verjaarsdagpartytjie.

Die vrou het ʼn debat ontketen toe sy die 25 maatjies verbied het om enige geskenke te bring.

Sy wou op Mumsnet by ander ouers hoor wat hulle van die idee dink en verduidelik dat sy dit graag wil doen omdat sy nie hope geskenke die norm wil maak vir haar kind nie, berig die Liverpool Echo.

Sy hou vol haar kleinding, wat binnekort drie jaar oud word, “groot geskenke” van die ouers sal ontvang, maar die geen-geskenk-nie-beleid beteken dat ander kinders wat die partytjie bywoon, sal nie ʼn geskenk mag saambring nie.

In ʼn plasing skryf sy: “My kind het binnekort ʼn derde verjaarsdagpartytjie en 25 ander kinders is uitgenooi. Is dit oukei om te vra dat die ander kinders geen geskenke bring nie? My kind sal ʼn paar groot geskenke van my en my man af kry. Ek voel ʼn rits geskenke vir verjaarsdae en Kersfees is deesdae oorweldigend en ek wil nie hê dit moet die norm word vir my kind nie. Ons het reeds só baie.”

Die ma het ʼn debat ontketen en sommige ouers reken sy is “gemeen” om beperkings te plaas op die geskenke wat haar kind kry. Talle voer aan baie geskenke is wat verjaarsdae “betowerend” maak.

“Ek dink dit is gemeen en dit sal mense ongemaklik laat voel,” skryf een persoon. Beplan jy om dit vir elke verjaarsdag te doen? Ek dink nie dit is sinvol nie. Laat hom sy verjaarsdag en die geskenke geniet.”

“Ek dink deel van die betowering van verjaarsdae en partytjies op daardie ouderdom is juis om ʼn stapel geskenke te hê om oop te maak, nie net twee geskenke wat ma versigtig uitgekies het nie,” skryf ʼn ander. “Hy sal binnekort oud genoeg wees om te besef dat hy geskenke na partytjies toe vat, maar niemand koop iets vir hom nie.”

Talle loof egter die ma se toewyding om seker te maak dat haar gesin nie spandabelrig is nie en om nie speelgoed en ander dinge in te samel wat hulle nie nodig het nie. Daar was egter ʼn groot groep wat sê dit is beter om die ongewensde geskenke vir liefdadigheid te skenk eerder as om ʼn algehele verbod te plaas op verjaarsdaggeskenke.

“Jy kan hom dalk die geskenke laat oopmaak en dit dan later ʼn paar wegsteek vir liefdadigheid,” sê nog iemand.

Daar is ook ʼn groep mense wat heeltemal met die ma saamstem en sê dit is goed om ʼn verbod te plaas op geskenke – veral omdat die kind net drie jaar oud is en waarskynlik nie sal agterkom daar is nie geskenke nie. “Ek dink vir ʼn kind se tweede en derde verjaarsdag is dit heeltemal oukei om te sê ‘geen geskenke nie’,” skryf een persoon. “ʼn Driejarige is nog baie klein en hulle sal nie eintlik van beter weet nie. Ek het onlangs ʼn derde verjaarsdag bygewoon sonder geskenke – ek was so verlig!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Plaasnooi ·

Ek ondersteun hierdie mamma 100% .
Meeste geskenkies hou net ‘n week , dan is die snaaksigheid verby of d item is gebreek en mens betaal onnodig duur daarvoor .
Ek sou bv sê : gee elkeen net R20 en verjaarsdagmaatjie kan vir hom/haarself ‘n geskenk van eie keuse gaan koop …..

Twallie ·

Alle maatjies sal dalk ook nie geskenke kan bekostig nie. Dit vat die druk weg.

Die kinders kan eerder lekker partytjie hou en saam speel.

Ek dink die vrou het mooi gedink. Ek meen die kindjie is maar 3, dink nie hulle gee regtig om nie.

VaalDonkie ·

Nee dis reg. Veral as daar maatjies genooi word wie se ouers nie geskenke kan bekostig nie. En die outjie kry in elk geval by sy ouers ‘n geskenk of twee.

Louise ·

Stem, want kinders wil net speel met die maatjies, lekkergoed eet en koeldrank drink

Candice ·

Ek dink die mamma het die regte ding gedoen. Sosiale druk kan baie keer ń mens onder soveel spanning sit. En in vandag se tyd met al die hoë kostes, probeer mens maar spaar en knyp waar jy kan. Die mamma het dit net goed bedoel.
Haar kleintjie het sy dag geniet, en die vriende geniet, en die ouers het nie nodig gehad om te stres oor wat hulle gaan koop, of kan koop nie. Vir die mamma het die bymekaar Kom van maatjies by ń kinder partytjie gegaan oor die gedagte van speel en mekaar geniet, pleks van ń VERWAGTING om iets te ontvang. Well done mamma.

Rapala ·

Geluk mamma nou kan hulle lekker speel en die party geniet soos net kinders kan

Kirst ·

Ek kon nog nooit verstaan waarom mens geluk gewens word met jou verjaardag nie. Dis nie asof jy iets behaal het nie, en jy het niks bygedra tot jou geboorte (die herdenking waarvan is wat eintlik is wat gevier word) nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.