Man red brak toe leiband in hysbak vashaak

Skermgreep uit die video

ʼn Man ontvang lof van oral oor toe hy ʼn hond gered het nadat sy leiband in ʼn hysbak vasgehaak het.

Johnny Mathis, van Texas in die VSA, het die video op sy Twitter-blad gedeel. Dit wys hoe hy vinnig reageer toe hy besef die eienaar van die hond is reeds in die hysbak (agter toe deure), maar die hond is nog aan sy leiband vas.

Die video is reeds byna 19 miljoen keer op Twitter gekyk.

Die 27-jarige Mathis het Maandagaand van die werk af teruggekom by die huis toe die voorval plaasgevind het, berig NBC News. Hy het by die hysbak uitgestap toe ʼn vrou, met haar Pomeranian aan ʼn leiband, by die hysbak ingestap het.

Beeldmateriaal van die gebou se kringtelevisiekameras wys hoe die hysbak se deure toemaak – die Pomeranian nog buite die hysbak.

“Ek het gelukkig omgedraai net toe die deur toemaak,” het Mathis verduidelik. “Ek het eers probeer om die leiband te breek. Ek het my hele gewig daarop gesit, maar dit wou nie breek nie.” Hy kon binne 20 sekondes die leiband van die hond losmaak en het die brak van ʼn gewisse dood gered.

Mathis het intussen gesê die hond se eienaar het al huilende teruggekeer. “Sy het begin gil net toe die deur toegemaak het, en sy het vreeslik gehuil toe sy teruggekeer het. Sy het die ergste verwag.”

Hy voeg by dit kon ʼn slegte einde gehad het, maar hy is dankbaar hy kon help. “Ek is regtig bly dit het só geëindig. Al hierdie aandag was nie my bedoeling nie, maar ek hoop dit skep bewusmaking vir soortgelyke omstandighede. Dit kan met enigiemand gebeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Zettie ·

Goeie griet…….ek het saamgeskreeu soos hy die leiband probeer losmaak!!!! Die vrou sal verseker meer versigtiger optree teenoor haar viervoet vriendjie wanneer sy in ‘n hyser ingaan of uitgaan!

Maljan ·

Gee daardie man n Bell’s. Maar….. Wie gebruik so n laaaang leiband?

WitBlits ·

Nou hoekom word die arme HOND ‘n BRAK genoem?
Moes die eienaar nie eerder ‘n idioot genoem word nie?

Annakapat ·

Maroela, brak is darem ‘n lelike woord vir iemand se troetel dier!

Hb ·

Ek stem heeltemal saam oor die “brak” opinie, wat n aaklige woord!!

Shston Small ·

Persoonlik kan ek my nie indink dat sy die eienaar is nie. Waarskynlik ‘n “dogsitter”. Geen liefde vir die troeteldier nie. Argelose houding.

Valerie ·

Moet seker ‘n verskriklike geraas wees in die woonstelle as daar brakke toegelaat word. No, thanks.

Christa. ·

Sy was agterlosig. Sy Moes Mos seker gemaak het dat haar kind veilig by haar is as Sy op gevaarlike plekke beweeg. As dit haar die kind was sou Sy dieselfde op getree het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.