Meisie is maats met 4,8 meter lange luislang

Skermgreep uit die video

Meeste kinders het ʼn spesiale band met ʼn troeteldier – en dit is gewoonlik ʼn hond, kat of dalk ʼn hamster.

Vir Emi van Surrey in Engeland, is dit ʼn gevlekte luislang.

Emi en Cher is al beste maats sedert Emi twee jaar oud was. Hulle het saam oor die jare grootgeword en Emi se pa, Ed Taoka, sê die twee is baie gewoond aan mekaar se geselskap.

Taoka moes seker maak dat Cher mak en sosiaal kan verkeer en moes seker maak dat Emi weet hoe om die slang sagkens te hanteer en hoe om Cher te respekteer.

Daar is seker reëls, soos dat Emi nie sonder volwasse toesig met Cher mag speel nie en dat Emi eers vir Cher mag voer wanneer sy 16 jaar oud is.

Taoka hoop dat Emi en Cher se vriendskap kan help om stereotipes oor groot slange te verander. Hy glo Cher is saggeaard en het Emi nog nooit seergemaak – soos hul ander diere, waaronder ʼn hond, kat en skilpad nie.

Hy meen Emi is baie gelukkig om só unieke en seldsame vriendskap met Cher te hê.

Taoka deel hul avonture op Instagram en YouTube. Hy deel ook sy menings oor dierebeskerming en uitdagings oor die negatiewe persepsies oor groot wurgslange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Miena ·

Fantasties!! As slanghanteerder kan ek se dat Pa baie goeie basiese reels neergesit het en sy weet hoekom is daardie reels daar. Dis baie belangrike reels ook vir veiligheid van beide kind en die slang. Omdat dit n “constricta species” is is hulle krag uitmuntend en dis belangrik vir die kind om te verstaan hoekom sy nie alleen mag speel of slang voer nie. Goeie werk aan die ouers. Pa van die jaar toekenning is gepas hier.

Koos 100 ·

Wat ‘n mooi slang! Haar ouers behoort ‘n Bells te kry. Dis vreemd, ja, maar absotuut pragtig om te sien.

Karoo ·

Sjoe…. dis nou noggal ‘n ongewone ding, ek is baie bly die klein dame kan haarself uitleef met haar liefde vir die reptiel.

Linda ·

Wag tot daai slang daai dogtertjie as prooi sien, en om haar begin vasdraai. Wat gaan die pa se reëls dan help?

Niklaas ·

Die ouers moet maar net deurgans ‘n wakende oog hou op daai gelerige slang. Mens weet nie hoe honger is hy nie.

Wondermaarnet ·

Tot haar “troeteldier” homself om haar lyf draai en die lewe uit haar druk.

Korrelkop ·

Tot die ongedierte haar die dag dood druk, dan is dit weer van: “hoekom moes dit nou met my kind gebeur het?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.