ʼn Rekenaar – van pasta gemaak!

Skermgreep uit die video

Wat gebeur wanneer jou vrou spot oor ʼn rekenaar wat van pasta gemaak is? Jy bou dit natuurlik!

Micah Laplante, ʼn YouTube-gebruiker wat die kanaal Laplanet Arts bestuur, se vrou het grappies gemaak oor ʼn rekenaar wat van pasta gemaak is en hy het gewonder of dit sou kon werk. Hy het ʼn video van die proses op sy kanaal gedeel.

Hy het ʼn gepaste naam vir die masjien gegee – The Lasagna PC V.1 (daar sal waarskynlik nog weergawes volg). Die rekenaar se houer is uit lasagne en rigatoni gemaak wat aan mekaar gegom is.

Hy het die moederbord van sy voormalige Asus Transformer-tabletrekenaar gebruik. Die rekenaar werk baie goed, maar wanneer mens ʼn video wil kyk of speletjies wil speel is dit bietjie stadig – waarskynlik as gevolg van die ou tablet waarop dit gebou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

Regtig? Moet hierdie nuus nie dalk ‘n hoofartikel wees nie? Dit is so briljant ek sal nie vanaand kan slaap nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.