Ná 3 200 km is gesteelde woef weer veilig tuis

Zeus op pad huis toe (Foto: KCHA, Facebook)

Dit was die reis van ʼn leeftyd toe 15 vrywilligers gehelp het om ʼn hond duisende kilometer te vervoer om hom weer met sy gesin te herenig.

Zeus, ʼn pit bull, behoort aan ʼn enkelma en haar twee dogters wat in Butte, Montana woon. ʼn Vriend van die gesin het hom glo gesteel toe hy hulle twee maande gelede besoek het.

Die vriend, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is later in Charleston, Wes-Virginia, in hegtenis geneem en Zeus is na ʼn skuiling in die stad gebring.

Die Kanawha-Charleston Humane Association het ontdek dat Zeus met ʼn mikroskyfie toegerus is en bevind dat sy huis 3 200 km ver is in Montana. Volgens die organisasie het die familievriend die ma en haar dogters aan die einde van Oktober besoek. “Hy het egter misbruik gemaak van haar goedhartigheid en haar waardevolle besittings en geld gesteel – en selfs vir Zeus saam met hom gevat! Die vriend is drie weke later aangekeer en Zeus is na KCHA gebring.”

Die organisasie het Facebook ingespan om vrywilligers te kry wat Zeus met sy gesin kon herenig – betyds vir Kersfees.

Zeus was te groot om te vlieg (hy weeg 33 kg), het Chelsea Staley van die KCHA, aan WOWK-nuusorganisasie gesê.

Die organisasie het finansiering, vervoervoorraad en brandstof bekom om Zeus met sy gesin te herenig. Vyftien verskillende persone het hand opgesteek om Zeus van Wes-Virginia na Montana te vervoer. Zeus het selfs by sommige vrywilligers oornag op pad terug huis toe.

Zeus het binne ses dae oor ses state heen gereis en het Dinsdagaand veilig by die huis aangekom.

HELP ZEUS MAKE IT HOME FOR CHRISTMAS! ????????❤️Zeus is a big, bouncy guy who came to KCHA through a series of unusual…

Posted by Kanawha-Charleston Humane Association on Wednesday, December 4, 2019

Zeus made it safely to St. Louis, and wants you to know he's the BESTEST boy in the car!

Posted by Kanawha-Charleston Humane Association on Wednesday, December 11, 2019

Montana Zeus Update! ????????❤️Zeus’ travels have resumed! He left St Louis this morning on his way to Butte. He has a LONG…

Posted by Kanawha-Charleston Humane Association on Saturday, December 14, 2019

MONTANA ZEUS UPDATE! ????❤️????It’s day three of Zeus’ 2,000 mile journey, and he’s near Salina, KS! His travels have been on…

Posted by Kanawha-Charleston Humane Association on Sunday, December 15, 2019

MONTANA ZEUS UPDATE ????????❤️It’s the fourth and final day of Zeus’ 2,000 mile journey home! He stayed overnight in Laramie,…

Posted by Kanawha-Charleston Humane Association on Monday, December 16, 2019

ZEUS IS HOME: Stolen Butte pit bull has completed his 2,000 mile journey home and is reunited with his family just in time for Christmas! https://bit.ly/2M5tCuE

Posted by ABC FOX Montana on Monday, December 16, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.