Onwettig om in dié dorp in Noorweë te sterf?

Longyearbyen (Foto: Bjørn Christian Tørrissen, eie werk; Wikimedia Commons)

Verskeie publikasies het al berig dat dit onwettig is om in Longyearbyen, Noorweë, te sterf. Maar is dit waar?

Vir byna vier maande uit die jaar skyn die son glad nie in dié dorp, 800 myl van die Noordpool, nie. Die dorp is die wêreld se mees noordelike nedersetting (met meer as 1 000 inwoners). Saam met die talle ysbere woon daar ongeveer 2 000 inwoners in die dorp met meer as 65 000 toeriste wat jaarliks die dorp besoek.

Die BBCGuardianWIREDBustleMen’s HealthThe SunNew York PostIFL ScienceStuffRipley’s Believe it or Not en die Daily Mail het al berig oor wetgewing dat dit onwettig is om in dié dorp te sterf en word selfs deur toergidse in die streek herhaal.

Dit is egter nie waar nie.

Daar is geen wet in Longyeabyen wat dit onwettig maak om hier te sterf nie. “Dis nie onwettig om in Longyearbyen te sterf nie,” het Jovna Z Dunfjell van die Svalbord-kerk gesê. “As dit die geval was, hoe sou mens die persoon vervolg?”

Die mite het ontstaan weens die dorp se ongewone geografie. Omdat Longyearbyen so afgeleë is, is daar nie enige ouetehuise nie. Die dorp het ʼn klein plaaslike hospitaal, maar dit kan nie enige ernstige mediese gevalle hanteer nie.

“Dit is nie verbode om in Longyeabyen te sterf nie,” het Liv Asta Ødegaard, inligtingsbeampte van Svalbard, per e-pos aan die redakteurs van Wikipedia bevestig. “Alle inwoners moet ʼn adres in die vasteland behou en wanneer hulle oud word en versorging benodig, dan moet hulle na terugkeer na die vasteland.”

Dis dus nie onwettig nie, dit is net ongewoon om in die dorp te sterf. As jy terminaal is, stuur die plaaslike hospitaal jou na ʼn suidelike hospitaal.

Dit is egter verbode om in ʼn kis in die dorp begrawe te word. Dit is só koud dat liggame byna nie ontbind nie.

Lees meer oor dié ou steenkooldorp op Wikipedia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lerato ·

Daar is ‘n groot probleem in Johannesburg.
Daar is nou mense wat hier doodgaan wat nog nooit tevore dood gegaan het nie.

Cheeta ·

Kyk net na die Wikipedia aanhaling, dit maak nie taalkundig sin nie.

ChrisE ·

Dit is/was een van die mooiste lande ter wêreld met ‘n eiesoortige skoonheid. Mooi mense mooi stede. Ek sal enige daar gaan woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.