ʼn Professor in Victoriaanse letterkunde en sosialemediabestuurder vir verskeie ondernemings, het Sondag op Twitter haar 85-jarige ouma se finansiële advies met gebruikers gedeel, en dit het wye reaksie uitgelok.
@Lhlodder het op Twitter verduidelik sy en haar man het haar “dierbare 85-jarige ouma” gebel om te sê sy het ʼn nuwe werk gekry. “Sy het ons gelukgewens, ons het bietjie gesels en toe afgelui. Sy het my later gebel om te sê ek moet ʼn geheime bankrekening oopmaak en nooit my man daarvan vertel nie. My ouma is wild.”
Die plasing is intussen meer as 44 000 keer gedeel en 340 000 persone het daarvan gehou.
Uit die kommentaar is dit duidelik dat ander gebruikers soortgelyke stories gehad het.
“My ouma het die beursie bestuur. Toe sy oorlede is, het ek my oupa gehelp om deur al die papiere te werk. Ons het op £85 000 afgekom wat sy weggesteek het!”
“Toe my ma dood is, het my sussie op ʼn pak $100-note afgekom in ʼn ou handsak in haar klerekas. En sy het $350 000 in Walmart-aandele besig,” skryf ʼn ander gebruiker.
@Lhlodder het aangedui sy het beslis nie sulke planne nie – sy het hom dadelik vertel wat haar ouma gesê het. “Mens moet onthou, [my ouma] het in ander tye grootgeword.”
ʼn Ander gebruiker het egter vinnig bygevoeg: “Die eerste reël van geheime bankrekeninge is dat jy nie op Twitter praat oor geheime bankrekeninge nie.”
My husband and I called my sweet, 85-year-old grandma to tell her I got a new job.
She congratulated us, talked for a bit, and then hung up.
Later she called me to say I should open a secret bank account and never tell my husband about it.
My grandma is fierce.
— Mommy Owl (@Lhlodder) November 12, 2018
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
As ek 40 jaar gelede geweet het wat ek vandag weet, het ek ‘n bankrekening oopgemaak, dit ‘n polis se naam gegee en ‘n aftrekorder geteken. Hierdie ouma se raad was die regte raad… jammer mens besef dit nie wanneer jy jonk is nie. In 90% van gevalle waar paartjies skei, is die vrou die een wat aan die kortste end trek. En dis ‘n feit.
Dit is nou die spreekwoordelike “n man hoef alles eet maar nie alles weet” Glad nie ‘n slegte idee nie.
Ek dink nie dis ‘n slegte idee in beginsel om so ‘n ou fondsie op die kantlyn met geld te voer nie, solank die persoon dit doen vir die regte redes – ‘n nood-fonds vir ‘n reënerige dag, spaar vir die kinders se universiteit, ‘n lekker onverwagte bederf vakansie verrassing…..
Deesdae met al die FICA, bewysse van adres en ander SAID IT3b dokumentasie is dit bykans onmoontlik om geheime bankrekeninge te hê……alles word saam met die opgawe ingedien!
Beste
SR
Snaaks dat die vroue dit nou eers uitvind ……. dit is iets wat slim mans al baie jare doen.
Mans moet weet ……….. maar nie alles nie