Passasiersboot gekanselleer? Geen probleem!

Skermgreep uit die video

Verskeie sportbyeenkomste, kunstefeeste, toergroepe en konferensies is gekanselleer weens die wêreldwye uitbreking van die koronavirus (Covid-19)-pandemie. Een van dié geleenthede wat gekanselleer is, is ʼn egpaar se bootreisvakansie.

Dave en Norma Trill van Australië het beplan om hul 53ste huweliksherdenking op ʼn 10 dag lange bootreis in die Stille Oseaan te vier. Toe hul vakansie egter gekanselleer is weens die uitbreking, het hul dogter vinnig planne gemaak om seker te maak haar ouers het nog steeds ʼn spesiale dag.

Jane Trill het ʼn video op Facebook gedeel waar haar ouers (albei 74 jaar oud), elk met ʼn glasie wyn in die hand en geklee in snoesige kamerjasse, voor ʼn televisie sit en na beeldmateriaal van die oseaan kyk.

Die video bied groot vermaak vir sosialemediagebruikers. “Dol daaroor, dit lyk baie ontspannend!” skryf een persoon in die kommentaar. “Ek hou baie hiervan – ons moet dit ook doen, ons Disney-vakansie is gekanselleer!” skryf ʼn ander. “Uitstekend! Geluk met jul huweliksherdenking, Norma en Dave!” laat nog ʼn persoon hoor.

Jane het gesê haar ouers het dit baie geniet. Op ʼn vraag of haar ouers nog “virtuele bestemmings” gaan besoek, het sy gesê: “Hulle was so verheug oor die aandag dat ons dink ons moet nóg ‘n video doen!”

Die nuwe koronavirus het verlede jaar in Wuhan, China uitgebreek. Inwoners is geïsoleer en gesondheidbeamptes het gepoog om die verspreiding van die virus hok te slaan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat persone hulself isoleer en seker maak dat jy nie naby aan iemand kom wat hoes of nies nie.

Cruise Cancelled? No problem #covid_19 #coronavirus

Posted by Jane Trill on Friday, March 13, 2020

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tienie ·

Met “You Tube” reis ek die hele wêreld vol sonder n bekommernis van virusse rowers en die waarde van die Rand en iets wat ek nie mag sê nie………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.