Selfoon red man teen pyl

Foto verskaf deur New South Wales-polisie

ʼn Australiër het sy slimfoon as ʼn skild gebruik om ʼn pyl af te weer wat tydens ʼn onderonsie op hom gevuur is.

Die Australiese polisie het gesê die voorval het Woensdagoggend in Nimbin plaasgevind, ongeveer 750 km noord van Sydney. Die MardiGrass-marijuanafees word jaarliks in Nimbin aangebied.

Die 43-jarige man is glo met ʼn pyl-en-boog buite sy huis aangeval deur ʼn onbekende man.

Die 39-jarige boogskutter het die pyl op hom gevuur en hy het sy selfoon opgelig om die pyl af te weer. Die pyl is deur die selfoon en het die man in die ken getref, het die polisie verduidelik.

Die 43-jarige man het ʼn geringe besering opgedoen en het nie enige verdere mediese behandeling benodig nie.

Die vermeende aanvaller is op die toneel in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die besit van ʼn gevaarlike wapen, aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging. Hy is voorlopig op borgtog vrygelaat en sal in April weer in die hof verskyn.

Foto verskaf deur New South Wales-polisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

‘n Pyl word geskiet, nie af gevuur nie? En daardie pyl is ‘n kragboog pyl….en dodelik. Dit het nou wel nie ‘n “jag punt” nie, maar eerder ‘n “skyfskiet punt”….maar dit maak dit nog steeds dodelik. Hoekom die klag net “aanranding met die doel om ernstig beseer” is, is nogal vreemd. Om iemand met so ‘n pyl te skiet…….is poging tot moord, nie waar nie?

Theresa ·

Dis nou ‘n “slim foon”………………………….

wielie ·

” Die aanvaller is op die toneel in hegtenis geneem ” Wow dis nou vir jou vinnig. In SA soek hulle die verdagte vir dae, maande en jare …………..

Erwee ·

@ wielie: Ek verstaan dat in SA die SAPS in baie gevalle eerste op die misdaad toneel is, maar ongelukkig nie die verdagtes in hegtenis kan neem nie, want dis hulself wat betrokke is by die misdaad!! Dis nou vir jou ‘n dilemma!!

Judge Dredd ·

Onthou tog om nooit die “Robin Hood Adventure” App af te laai nie.

Tong innie kies ·

Nuwe battery en skerm en die foontjie is weer reg om te werk.

Andrew ·

Aanklag van die besit van ‘n gevaarlike wapen? In SA is niks erger as rassisme nie, maar in Aus is alles onwettig, as ek so lees.

MooiGroot ·

Mense leef seker lekker in Australië en dit is baie meer georden en veilig daar as hier (soos dit waarskynlik in 90% van die lande is wat nie in oorlogstoestand is nie). Ek het egter geen begeerte om daar te gaan woon nie. Dis ‘n “nanny state”. ‘n Voormalige kollega wat daar gaan woon het, vertel dat wanneer dit warm is daar gereeld afkondigings gemaak word by sy werk om mense te herinner om genoeg water te drink. Dis omdat regerings vir mense dink dat niemand meer vir hulself wil/kan dink nie. Ek bly maar liewer hier in die Wilde Weste.

Dieter ·

Ek het weer by ‘n vriend wat vir ‘n ruk daar moes gaan werk (by Accenture dink ek), gehoor dat daar instruksies by die ketel in die kantoor se kombuis opgeplak is. Nogal met waarskuwings en al. Ja né.

Ek self bly ook maar eerder hier in Cowboy land waar ek kan maak en breek soos ek wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.