Sesling binne 10 minute gebore

Thelma Chiaka (Foto: The Woman’s Hospital/Facebook)

ʼn Vrou in Houston, Texas, het geboorte geskenk aan ʼn sesling – en sy klop dus die kans uit 1 uit 4,7 miljard.

Thelma Chiaka se sesling – vier seuns en twee dogtertjies, is Vrydag tussen 04:40 en 04:49 in The Woman’s Hospital in Texas gebore. Hulle het tussen 508 gram en 970 gram geweeg.

Volgens die hospitaal is al die babas in ʼn stabiele toestand en hulle bly in die kraamsaal se hoësorgeenheid.

Die span, onder leiding van dr. Ziad Haidar, dr. Sharmeel Khaira en dr. Israel Simchowitz, het gesê dit gaan ook goed met Chiaka. Sy het nog nie name gekies vir die seuns nie, maar die dogtertjies is Zina en Zuriel.

Did you know that the odds of having sextuplets are estimated at one in 4.7 billion? We were honored to welcome Thelma Chiaka's four sons and two daughters early this morning!https://bit.ly/2W0ZGlZ

Posted by The Woman's Hospital of Texas on Friday, March 15, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GM ·

Ek dink dit moet uitputtend wees om ‘n tweeling te moet grootmaak, ek weet nie wat om te sê van 6 nie. My kinders is ‘n paar jaar uitmekaar uit, en ek voel soos ‘n zombie ?

VanAfrika ·

Ek het ook soos n zombie gevoel toe my twee seuns klein was, nou wens ek weer hulle was so klein, ek mis dit.

GM ·

VanAfrika, ja, kinders word hopeloos te gou groot. Elke fase het maar sy uitdagings, maar mens mis selfs dit as dit eers verby is. Die laggies is darem meer as die uitdagings tydens elke fase.
Ek gaan maar sukkel die dag as my kinders uit die huis uit trek – ek dink ek is meer kind-vas as wat hul mamma-vas is ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.