Só lyk 650 000 sigaretstompies

Duitse omgewingsaktivis Andreas Noe op die stapel sigaretstompies by Comercioplein in Lissabon (23 April 2023) (Foto: Patricia de Melo Moreira/AFP)

Klimaataktiviste het binne een week 650 000 sigaretstompies versamel en dit Sondag in die hartjie van Portugal se hoofstad, Lissabon, op ʼn hoop gestapel. Die aktiviste wou bewusmaking skep oor dié tipe besoedeling wat gereeld oorgesien word.

Hulle het genoeg stompies versamel om 40 plastiekemmers vol te maak en dit daarna op ʼn hoop gestapel. Andreas Noe van Duitsland, wat aan die hoof staan van dié veldtog, het bo-op die stapel geklim.

Hy het asemhalingstoerusting gebruik om seker te maak dat hy nie die gifstowwe inasem van die nie-bioafbreekbare stompies nie.

“Ons het almal in Portugal versoek om aan dié gemeenskapsprojek deel te neem om bewusmaking te skep oor plastiekbesoedeling, omdat plastiek in sigaretstompies versteek is. Baie mense het dit nie geweet nie,” het die 34-jarige Noe gesê.

Volgens hom is ʼn eenvoudige sigaretstompie ʼn “uitstekende voorbeeld van hoe iemand stappe kan doen teen rommelstrooi, oseaanbesoedeling en uiteindelik die klimaatkrisis”.

Die aktivis en branderplankryer het twee jaar gelede sowat ʼn miljoen sigaretstompies in twee maande versamel.

“Ons wil ʼn einde bring aan die probleem deur mense aan te moedig om hul stompies in die asblik of asbakkies te gooi – enige plek anders eerder as op die grond,” het David Figueira, wat ook aan die projek deelgeneem het, bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PoppieK ·

Enige volenteer vir Gauteng / Johannesburg?? Ek dink ons sal hulle wen!

Treurwilger ·

Welgedaan!
Wonderlike bewusmakingspoging.
Wat het rokers óóit laat dink dat hul vieslike stompies sommer enige plek gesmyt kan word?
Dit is ook die oorsaak van vele veld- en bosbrande.

MARELIZE ·

Dk is geen roker nie en verpes rook en die gepaardgande stompies. Maar hierdie laat my koud. ‘n Sigaret bestaan uit papier (hout), twak (plant) en veronderstel watte (katoen) wat alles natuurlike stowwe is. Ons wat in SA woon het ‘n veel VEEL groter probleem met plastiek, blik, glas ens en hierdie is regtig die geringste van rommelprobleme.

Jack Russ1 ·

Veronderstel watte, maar ongelukkig is dit nie. Dit is gemaak van sintetiese vesels en is ‘n tipe plastiek. In die natuur vat dit jare om afgebreek te word

JvR ·

Ons wen hul met ons besoedelde riviere, informele nedersettings langs riviere waar inwonders sommer in die water hul ding doen. Meeste rokers gebruik asbakkies wat leeg gemaak word in die asblik. As ek in die straat stap, sien ek meer koeldrank bottels le as die odd stompie. En vandat ek weer begin rook het, het ek nie eenmaal weer siek geword nie. Nie n verkoue, griep of 2020 plaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.