Spanspek in Japan vir byna R343 000 verkoop

Yubari-spanspek (Foto: Captain76, eie werk via Wikimedia Commons)

ʼn Paar spanspekke is vir byna R343 000 in Japan op ʼn veiling verkoop – sowat 22 keer meer as verlede jaar se rekordbedrag tydens die pandemie.

Die prys van 2,7 miljoen yen vir die Yubari-spanspekke is egter nog net ʼn breukdeel in vergelyking met rekordbedrae vir dié produk.

“Vanjaar se herstel in prys is ʼn gevolg van kopers wat mense wil aanmoedig om hoër bedrae te bie,” het ʼn beampte van die groothandelmark aan AFP gesê.

Die suksesvolle bieër is ʼn plaaslike vervaardiger van babakos. Die president van die maatskappy het gesê hy hoop die aankope sal bietjie goeie nuus versprei.

“Alhoewel daar nog baie negatiewe nuus is, hoop ek hierdie kan mense bietjie laat glimlag te midde van die koronavirus-pandemie,” het hy aan die openbare uitsaaier NHK gesê.

Seisoenale vrugte-aanbiedings in Japan lok gewoonlik groot bedrae van kopers wat prestige en gratis publisiteit najaag.

ʼn Paar Yubari-spanspekke is in 2019 vir ʼn rekord van vyf miljoen yen verkoop, maar die prys het verlede jaar tot slegs 120 000 yen (sowat R1 500) gedaal en boere het gesê die virus is daarvoor te blameer dat welgestelde bieërs nie wil meeding nie.

Die spanspekke kom van Hokkaido, die land se mees noordelike eiland en ʼn gewilde toeristebestemming. Die streek is tans in ʼn virus-noodtoestand tesame met nege ander gebiede, insluitend die hoofstad Tokio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Smurf ·

Nou wat maak die vruggie so spesiaal ? Word dit in goue grond gekweek ? Belaglik….

Misky ·

Joh!!!! Ek is self baie lief vir spanspek, maar nie sò baie nie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.