Toet toet! Op ʼn musikale noot

Verkeer in Indië (Foto: Simon/Pixabay)

Indië se minister van vervoer oorweeg tans wetgewing wat die land se aanhoudende toeter-kakofonie met musiekklanke te vervang.

“Ek bestudeer dit en beplan om binnekort ʼn wet in te stel dat alle voertuie se toeters Indiese musiekinstrumente moet wees wat lekker is om te hoor,” het Nitin Gadkari Maandag aan plaaslike media gesê.

Die toeters moet klanke wees van die fluit, tabla, viool, mondfluitjie of traporrel, het hy bygevoeg.

Gadkari sê hy wil ook die “irriterende sirenes” wat ambulanse en polisie gebruik met strelende klanke vervang.

Indië het van die raserigste stede ter wêreld met riksjas, busse, taxi’s, motorfietse en privaat motors wat om spasie meeding op die verkeersbelaaide paaie. Die toeter is byna net so belangrik as die petrolpedaal en motoriste gebruik dit om ander padgebruikers bewus te maak van hul teenwoordigheid eerder as om iemand te berispe.

Indië se kleurvolle vragmotors het gewoonlik boodskappe op die agterkant vir motoriste wat hulle wil verbysteek soos “toet asseblief” en “druk jou toeter”.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê geraasbesoedeling kan tot gehoorverlies, kardiovaskulêre probleme, kognitiewe skade, stres en depressie lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Ek het al oorweeg om my toeter se geluid te verander na ‘n geweerskoot. Aangesien ons in SA woon en taxis ons paaie oorvat, dink ek hulle sal nogal ver van my beweeg en miskien ophou voor my indruk as ek so paar keer my nuwe toeter druk – ha ha ha ha

Johann ·

Het vir ‘n paar jaar in Nigerië gewerk waar die toeter kan gebruik word om voertuie agter jou te waarsku. So instinktief is die getoet daar dat by een besonderse stadige opeenhoping my bestuurder so half aan die slaap raak agter die stuur toe sy duim instinktief die toeter druk en hy homself laat wakker skrik.
Die probleem met bestuurders in Lagos en Kaïro het ons vasgestel is dat dit eintlik voetgangers is wat net voertuie “aantrek” in die oggend, en loop nog net waar hulle wil. ‘n Tendens wat mens ook nou in Suid Afrika sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.