ʼn Leerlingbestuurder in Washington in die VSA het Vrydag die belangrike verskil tussen die rempedaal en die petrolpedaal geleer toe sy in die gebou van ʼn bestuurskool vasgery het.
Owerhede in Bellevue het vinnig ʼn foto van die toneel geneem. Die polisie is ontbied ná berigte dat ʼn motor omstreeks 08:30 in ʼn gebou vasgery het.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Die vrou, in haar 20’s, is glo nie ʼn boorling van Amerika nie.
“Sy het goed gevaar totdat sy teen die einde van die toets die petrolpedaal vir die rem aangesien het,” het Seth Tyler van Bellevue-polisie aan KOMO gesê. “Sy het nie haar toets geslaag nie.”
Dit kom daarvan as jy selfvoldaan dink nou kan ek bestuur en dan “relax” . Dis hoekom baie ongelukke naby aan mense se eindbestemming gebeur – daardie konsentrasie afskakeling net te vroeg