Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met u liefde! (Psalm 94:18, Die Boodskap)
Lees meerAlles vir Saterdag 17 Oktober 2015
[Video] Verstommende beeldmateriaal van vulkaanuitbarsting
Verstommende beeldmateriaal van ʼn vulkaanuitbarsting in Meksiko word wyd op sosiale media gedeel.
Toets gedruip toe sy in bestuurskool vasry
ʼn Leerlingbestuurder in Washington in die VSA het Vrydag die belangrike verskil tussen die rempedaal en die petrolpedaal geleer toe sy in die gebou van ʼn bestuurskool vasgery het.
Seep ná ‘verkragting’ in sel
Die saak teen ʼn polisiebeampte van Linden in Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou in ʼn aanhoudingsel verkrag het, is vir twee maande uitgestel vir verdere ondersoek.
Vyf babas sterf in Welkom-hospitaal
Vyf babas wat in die Bongani-hospitaal in Welkom in die Vrystaat gesterf het, is moontlik dood weens besmetting met die Klebsiella-bakterie, het die kantoor vir die nakoming van gesondheidstandaarde Saterdag gesê.
Tragedie gevrees oor Kariba-damwal
In die lig van die komende reënseisoen vrees miljoene Mosambiekers dat die verouderde Kariba-damwal moontlik kan meegee.
Wits en studente onderteken ooreenkoms
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het sy voorgestelde verhoging van 10.5% in studentegelde vir volgende jaar teruggetrek en ʼn ooreenkoms met studente onderteken vir nuwe onderhandelinge.
[Foto’s] NSRI-stoor geplunder, beroof
Diewe het toegeslaan op die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stoor in Maitland, Kaapstad en dit geplunder en verskeie toerusting gesteel.
Eskom waarsku teen konsessie-slenter
Eskom het Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik oor ʼn slenter oor Eskom-konsessies.
Boek: Voor-bode
Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Dié tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.”
Kaapstad-polisie skiet gewapende rowers
Die polisie in Kaapstad het Vrydag drie gewapende rowers by ʼn algemene handelaar in Epping doodgeskiet.
Skoolhoof in Pta-huis doodgeskiet
Die polisie in Pretoria ondersoek ʼn saak van moord en huisroof nadat Mlandu Mnguni (48), ʼn skoolhoof van Mpumalanga, Donderdagaand by sy huis in Pretoria doodgeskiet is.
Motsoeneng vrywillig met verlof
Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte van die SAUK, is vrywillig met verlof terwyl ʼn dissiplinêre verhoor teen hom voortduur.
OVK-voorsitter sê bande met Zuma is ‘slegs professioneel’
Glen Mashinini, wat vandeesweek as die nuwe voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangestel is, het Vrydag tydens sy eerste perskonferensie vrae beantwoord oor sy geloofwaardigheid gegewe sy verbintenis aan pres. Jacob Zuma.
Gedagte vir die dag: Daar sal ’n oplossing wees!
Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek. (Spreuke 15:4, Die Boodskap)