ʼn Video van ʼn man wat ʼn gevaarlike toertjie uitvoer, lok gemengde reaksie by kykers uit.
Die ou video is Dinsdag deur sakeman Harsh Goenka op Twitter gedeel wat wou weet of kykers dink die man moet bewonder word en of dit bloot dwaas is.
In die kort videogreep doen die man ʼn agteroorsalto op ʼn afgrond. Hy het slegs ʼn kortbroek en ʼn wit T-hemp aan en land op sy voete ná die toertjie.
“Ek wonder of dit bewonderenswaardig of dwaas is!” het Goenka, voorsitter van RPG Enterprises, gesê.
Sommige kykers het laat weet dit is absoluut belaglik en baie onverstandig en onverantwoordelik – maak nie saak wat die uitkoms was nie. Ander was beïndruk met die agteroorsalto en gesê die man neem duidelik graag risiko’s.
Die video is aanvanklik verlede jaar op TikTok gedeel waar nagenoeg 30 miljoen mense daarna gekyk het.
Just wondering if his act is to be admired or considered as stupidity !pic.twitter.com/HLsqAy6UBY
— Harsh Goenka (@hvgoenka) June 16, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Stapelgek, sê ek jou. Stapelgek.
Liewe bloed, dis n moeìlike besluit die!
Wat leer die groot boek ons. God sal ons beskerm, maar moet Hom nie versoek nie.
So het elke diertjie sy ou plesiertjie. Ekself sal dit natuurlik nie doen nie. Daar is baie maniere om so met jou lewe op die randjie van afgronde te dobbel wat natuurlik meer “aanvaarbaar” is vir mense soos dronkbestuur, rook, onbeskermde seks ens ens. So los die man as dit gebeur dat sy voet glip is dit tenminste net sy lewe wat hy neem of opneuk.
Nee beslis gekook . Nie n manier dat sy bene nie beseer is nie, veral enkels.