Video: Bees sit vas op waterglybaan

Skermgreep uit die video

ʼn Bees in Brasilië het onlangs van ʼn plaas ontsnap en op ʼn waterglybaan by ʼn nabygeleë oord beland.

Volgens Travel + Leisure het die bees van ʼn slagplaas, ongeveer 800 km wes van Rio de Janeiro, ontsnap en by ʼn nabygeleë oord genaamd Nova Granada opgeëindig. Die bees het op ʼn manier die trappies uitgeklim en toe by die grootste deel van die waterglybaan afgegly/afgestap.

Die bees kyk verskrik rond en is bietjie lomp om die eerste draai totdat hy besluit dit is nie die moeite werd nie. Hy sit vas op die glybaan en loer na die kameraman waar albei waarskynlik onseker is hoe om die dier uit die moeilikheid te kry.

Die waterglybaan is glo goedgekeur vir tot 200 kg, maar die bees weeg waarskynlik meer as 300 kg. Die feit dat dit dus nie deur die glybaan geval het nie, en dat die bees op die glybaan iets is wat mens nie sommer sien nie, het nou van die dier ʼn internetsensasie gemaak.

Volgens ʼn artikel wat deur Orlando, Florida se 101.1 WJRR gepubliseer is, was die bees op pad na die slagpale, maar die eienaar het nou besluit om dit eerder as ʼn troeteldier te hou en het die bees Tobogã gedoop – Portugees vir “glybaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Belinda ·

Hy dink seker hys een van daai beeste op daai Barnyard movie. LOL.. hy wou seker maar net bietjie fun he..

Sandra ·

Hulle se nie hoe het hy toe eventueel daar afgekom nie. Shame ek is bly hy is nou nie terug slagpale toe nie.

Herman ·

Ek wonder hoe hy daar bo gekom het in die eerste plek. Dis n klomp trappe om te klim.

Luister graag ·

Ag jinne, hoekom mag beeste nie ook fun hê nie…….veral as hy naby die slagpale was…..te vrek oulik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.