Video: Beethoven met ʼn geklap van hande en stamp van die voete

Skermgreep uit die video

Vyf maande se oefening het tot ʼn uitstekende vertoning gelei van die geklap van hande, vingers en die stamp van die voete.

Tydens die Covid-19-pandemie kon dié koor nie sing nie, maar hulle het steeds ʼn manier gevind om musiek te maak.

Studente aan die Saint-Michel-Garicoïts de Cambo-skool in die Baske-streek in die suidweste van Frankryk het ʼn treffende vertoning aangebied van Beethoven se bekende Vyfde Simfonie.

Die 185 leerders het dinamies en gesinchroniseer die musiek met behulp van hul liggame uitgebeeld.

ʼn Video van die uitvoering is nou weer baie gewild op sosiale media.

Die kollege se musiekonderwyser Nelly Guilhemsans het die musiek spesiaal vir hulle aangepas. Die ensemble het in groepe van 50 elke dag vir vyf maande lank bly oefen tydens die 2020- akademiese jaar.

Dit is verfilm in die Arnaga-tuin voor ʼn huis wat in ʼn stadium aan ʼn digter, Edmond Rostand, behoort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.