Daar is nie baie blou slange in die wêreld nie en hul seldsame kleur maak hulle baie bekoorlik.
Een van dié slange is ʼn blou adder en dit maak tans opslae op sosiale media. ʼn Video van een van dié slange word wyd op sosiale media gedeel met talle wat laat weet hoe mooi die slang is. Die blou slang, op ʼn rooi roos, is ʼn baie treffende prentjie in die video.
Die adder is egter nie so skadeloos soos wat hy lyk nie: dit is ʼn dodelike slang en die gif kan erge bloeding veroorsaak – inwendig en uitwendig.
Volgens die Moskou-dieretuin, is die slange die blou variëteit van die witlip-eiland-adder, ʼn giftige subspesie van Indonesië en Oos-Timor. Meeste witlip-adders is eintlik groen, en die blou variëteit is uiters seldsaam.
Svetlana Akulova, algemene direkteur by die dieretuin, het gesê blou adders kan groen adders voortbring. Witlip-adders is lewendbarend wat beteken die jong slangetjies is gereed om hulself te verdedig.
Die Twitter-rekening “Life on Earth” het die video van die blou adder gedeel. Dit is reeds meer as 2,2 miljoen keer op Reddit gekyk.
The incredibly beautiful Blue Pit Viper pic.twitter.com/zBSIs0cs2t
— Life on Earth (@planetpng) September 17, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
‘n Slang is ‘n slang, is ‘n slang. Maak dood voor hy jou doodmaak
Dis ‘n adder wat baie kleiner as ons adders is of ‘n baie jong slangetjie.
Alle adders moet met respek hanteer word omdat hulle baie giftig en onvoorspelbaar is. Alhoewel die pofadder relatief stadig is, pik hy soos weer lig.
Ek sal nie daardie roos so met ‘n kaal hand vashou nie.
Ek ken iemand wat met slange boer en hy se as jy n slang van die selde spesie maar n ander kleur by n wyfie sit kom daar ander kleur slang uit die eier net vir intresantheid
Wow. Met een woord….. Pragtig!!