
‘n Skermskoot uit die video
ʼn Video, waarin ʼn groep petroljoggies van ʼn Engen-vulstasie in Kaapstad voor verbaasde motoriste hul beste danspassies uitvoer, word wyd op sosiale media gedeel.
Die sogenaamde “flash mob”, ʼn openbare byeenkoms waar mense in groepe op ʼn ongewone of skynbaar onvoorbereide manier in die publiek begin dans, is deur die joggies self beplan, berig EWN.
In die video dans petroljoggies op die maat van Sipho ‘Hotsix’ Mabuse se liedjie “Burn Out”. Dié dans word die pantsula-dansroetine genoem.
Die video van die joggies is al meer as 245 000 keer op YouTube gekyk.
ʼn Ander video van ʼn groep mense, wat joggies en lede van die publiek insluit, wat op dieselfde liedjie gedans het, het ook in Julie vanjaar opslae gemaak.
https://youtu.be/4ahCPNW_3Mk
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Wow! Hoedervleis
Fantasties….so moeg vir moord en dood. Engen jul het n puik span petrol joggies.Wat n plesier om na hulle te kyk. Hou so aan/
Fantastiese “flash mob” – dit lyk of die ouens maande lank daaraan moes oefen, maar hulle dit so natuurlik! ‘n Lekker “just-before-going-home” video!!!
Fantasties! Stem saam met b.g kommentaar. Dis so positief en gee mens weer hoop. Baie dankie aan die Engen garage se petrol joggies! Hou so aan!
Bitter goed gedoen.
Mens raak so moeg vir negatiewe lees stof. Bly daar is ‘n positiewe kant ook.