Video: Die swakste parkeerpoging ooit?

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn Porsche Taycan wat skielik vorentoe beweeg en eers ʼn sportnutsvoertuig tref voor dit bo-op ʼn ander voertuig beland, word wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het in ʼn residensiële straat in Manningtree, Essex in Engeland plaasgevind.

Die motoris het vermoedelik die petrolpedaal in plaas van die rempedaal getrap.

ʼn Elektriese Porsche Taycan 4S, wat vir meer as R2,5 miljoen verkoop word, haal glo 100 km/h in sowat 4 sekondes.

ʼn Buurman het aan die Sun Online gesê die bestuurder het ʼn inwoner besoek toe die voorval plaasgevind het. Volgens hom het was persoon geskok, maar het slegs kneusplekke opgedoen.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn buurman se sekuriteitskamera wys hoe die motor stadig teen die oprit opry voor dit vir ʼn wyle stilhou. Die motor versnel dan skielik, tref ʼn 4×4, ry oor ʼn muur en kom op ʼn ander motor tot stilstand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Seker ook bestuurslisensie op Playstation gekry….. oops en dis n groot “fail”

Andréas ·

In algemene lugvaart word vir versekeringsdoeleindes vereis dat jy “uitgeteken” word vir basies enige ander tipe ligtevliegtuig wat jy wil vlieg. Miskien sal so oorbrugging (“training checkride”) ook in die motorbedryf help mbt die baie gevorderde motors (veral elektries) wat meer geredelik beskikbaar raak…

Sandra ·

O flip!! As dit ‘n klein Ford soos myne was sou dit nie reg wees nie, maar ok. Maar so ‘n duur kar.

Mallie ·

Gebeur sulke goed ook in Engeland. As dit hier was kon ek dit nog verstaan, maar daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.