Video: Jou oë bluf jou ore

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Moet liefs nie staat maak op jou gehoor om ʼn boodskap te verstaan nie! ʼn Studie aan die Universiteit van Kalifornië het bewys dat dit wat jy sien en hoor verskillende dinge is en jou sig ʼn merkwaardige invloed op dit wat jy hoor, kan hê.

Prof. Lawrence Rosenblum, ʼn navorser van die Universiteit van Kalifornië, sê wat ons sien, oortref wat ons hoor. “Wat ons sien wanneer ons na iemand se gesig kyk, kan ʼn groot invloed hê op dit wat ons glo ons hoor wat die persoon sê. As ons dan ons oë toemaak, hoor ons weer die klank soos wat dit werklik is,” het hy vertel.

Dié effek staan bekend as die McGurk-verskynsel en behels dat ʼn persoon byvoorbeeld die klank ‘fah’ sou hoor wanneer ʼn iemand sy mond op ʼn spesifieke manier vorm, ten spyte van die feit dat die werklike klank ‘bah’ is.

Die effek is vernoem na Harry McGurk wat in 1976, in samewerking met John McDonald, ʼn artikel oor die verskynsel geskryf het.

Rosenblum sê selfs al verstaan jy presies hoe dit werk, kan jy dit nie uitkanselleer nie.

“Die effek is van toepassing op jou ongeag hoeveel jy daarvan weet. Ek bestudeer die effek al vir langer as 20 jaar en word elke keer nog gevang. Die spraakbrein neem daardie inligting in en dit maak nie saak wat anders van buite inkom nie,” het hy bygevoeg.

Bron: Mentalfloss

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Nonsens !!!!!
Die “Ba” klank kan duidelik gesien word dat sy bo lip die onderste ene raak
Die “Wa” klank kan weer gesien word dat sy onder lip vas gebyt word met sy bo ry tande.
Niks met die beeld verandering te doen nie.
Is ek verkeerd ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Pietertjie

Die klank bly dieselfde (dis telkens slegs “Ba” wat jy hoor), maar omdat jy na sy mond kyk wanneer hy sy onderlip vasbyt, klink dit of jy “wa” hoor. Maak gerus jou oë toe, dan sal jy tog hoor dit is slegs die “Ba”-klank die hele video deur. Dít is juis die McGurk-verskynsel wat die artikel probeer verduidelik. Jou oë sien iets, en dan “hoor” jou ore iets anders.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

TDW ·

Sjoe, dis waar. Selfs al weet ek dit, hoor ek nogsteeds 2 verskillende goed soos sy mond verander . Selfs as ek na die 2 langs mekaar kyk, eers na die een en dan die ander word dieselfde klank verskillend. Maak ek my oe toe dan hoor ek net een klank. Baie interessant.

Tamz ·

Hehe, dis baie interessant! Ek het die clip weer gespeel en my oë met tussenposes oop- en toegemaak, en onderskeidelik ba (oë toe), wa (oë oop) gehoor! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.