Video: Juffrou wys hoekom handewas belangrik is

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn juffrou wat aan haar voorskoolkinders verduidelik hoekom dit belangrik is om jou hande te was om jouself teen kieme te beskerm, is baie gewild op sosiale media.

Openbare boodskappe oor die belangrikheid daarvan om jou hande met seep en water te was om jouself veral teen die nuwe koronavirus (Covid-19) te beskerm, word oral gepubliseer. Sosialemediagebruikers is dol oor dié juffrou se benadering.

Die video is reeds wyd gedeel en is reeds meer as 9 miljoen keer gekyk.

Die juffrou wys hoe ʼn dogter haar vinger in ʼn bord water druk waarin peperflokkies dryf. Die flokkies verteenwoordig die kieme of virusse. Die peperflokkies beweeg nie en daar klou van die flokkies aan haar vinger wanneer sy dit uit die water haal. Dan moet sy haar vinger in ʼn bakkie seep druk en dit bietjie was en die seepvinger dan weer in die swart peperwater druk – nou beweeg die flokkies sommer vinnig weg van die vinger vol seep.

“Sien julle hoe belangrik is dit om jou hande met seep en water te was?” wil die juffrou weet.

Deur jou hande te was of ʼn alkoholgebaseerde handreiniger te gebruik en fisiese kontak met persone te vermy, is van die voorkomingsmaatreëls wat kenners aanmoedig om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

Jammer dit is op media wat min mense kan sien. Kannie die video sien nie. het nie toegang nie.

Gawie ·

Dis nou ‘n baie goeie illustrasie! Daardie kinders sal dit nooit vergeet nie, en ek glo hulle gaan ook hul ouers en sibbe kan oortuig van die belangrikheid van hande was.

Dr Pieter ·

Baie oulike onderwyseres! Goeie visuele illustrasie sodat kinders verstaan en onthou.

hArLeY-Q ·

Hou van die video!! Baie oulik en kids sal ook beter verstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.