Video: Kinders kies self hoe om juffrou te groet

Skermskoot uit die video

ʼn Video wat wys hoe kinders self kan kies hoe hulle hul onderwyseres wil groet, is baie gewild op sosiale media.

Die kort video wys ʼn ry kinders wat by die deur van die klas staan. ʼn Plakkaat gee verskeie opsies en elke kind kan wys hoe hy of sy gegroet wil word: ʼn dansie, ʼn drukkie, ʼn vatvyf of selfs net ʼn stamp met die vuis.

Die video is oorspronklik op Twitter gedeel deur die gebruiker Alvin Foo en is daarna deur verskeie gebruikers gedeel, onder andere die akteur James Wood. “Die oulikste ding ooit. Wat ʼn wonderlike onderwyseres,” het Wood gesê.

Die video is in Thailand verfilm, maar dit is onbekend by watter skool dit gebeur. Intussen is verskeie ander soortgelyke video’s ook op YouTube gedeel.

Dié video van juffrou Judy by die Len Lastinger Elementary Kindergarten is al in 2018 gedeel:

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Geen maskers meer nie. Lyk my dié nonsens gaan net voort in ons simpel SA.

AmY ·

Te oulik!
Ek wens ons kon in die 80’s ons juffrouens en maats drukkies gee.
Dit was nie verbode nie; ons het dit net nie gedoen nie.
Dit sou baie vir my gemoedstoestand beteken het.
Drukkies is soos gratis medisyne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.