Video: Kleintjies pak ʼn trop leeus – en wen!

Skermgreep uit die video

Dis geen wonder ons praat van “rateltaai” in Afrikaans as iets taai en gehard is nie – taaiheid en vegvermoë is tog kenmerkende eienskappe van die ratel.

Volgens die Independent is ratels al selfs in die Guinness-wêreldrekordboek beskryf as “die mees vreeslose dier in die wêreld” en hulle durf tot groter roofdiere soos leeus en hiënas aan. ʼn Verstommende video wat tans op sosiale media die ronde doen is ʼn bewys hiervan.

Die video het weer begin versprei toe Susanta Nanda, ʼn Indiese bosboubeampte, dit op Twitter gedeel het. In die video kan mens sien hoe ʼn paar ratels kans sien om terug te baklei toe ʼn trop leeus hulle wou aanval.

Ondanks die feit dat hulle in die minderheid was en baie kleiner is as die leeus, het hulle as wenners uit die stryd getree en die groot katte gedwing om terug te tree.

Volgens die Daily Star is die video deur ʼn toeris in Zambië verfilm. Abdulaziz Adam het die video aanvanklik op Facebook gedeel waar dit deur duisende gebruikers gekyk is. Volgens Adam is die video by die Luangwa-wildtuin in die ooste van Zambië verfilm. “Ratels is bekend vir hul krag, woestheid en taaiheid. Hulle kan vreesloos byna enige spesie aanval as hulle nie kan ontsnap nie,” het Nanda bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Ratels is taai, ja…gelukkig was pappa- en mamma-leeu nie hierdie keer by nie!

Rian ·

Dis ‘n baie opvoedkundige les wat mamma en pappa ook geleer het toe hul klein was. Jy mors nie met ‘n ratel nie. Darem het mamma, toe sy nader staan, maar net haar kop geskud vir haar kleingoed. Lekker dag stappie in die bos vir die kinders. Pappa is nie daar nie, hy perkeer nog die 4×4 en moet die koelboks dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.