Wat sal jy doen as ʼn vreemdeling skielik liefderyk oor jou hand sou streel op ʼn roltrap?
Die komediante Grégory Guillotin en Jonathan Demayo het onlangs besluit om poetse te bak op vreemdelinge op ʼn roltrap – nie almal reageer ewe vriendelik nie!
Die video is binne minder as ʼn week reeds meer as 36 miljoen keer op Facebook en 3,6 miljoen keer op YouTube gekyk.
Dankie Maroela, julle het sopas my aand gemaak, ek het nou gehuil soos ek lag.
Kyk hier, daai ou was ‘n hele paar keer ‘n sentimeter van ‘n goeie snotklap af! Maar dit is classic”!!! Ek weet, as dit ek was, het ek soos twee van die ouens gemaak, omgegaan en die ou gekonfronteer. Snaaks, toe die meisie dit doen, het dit nie so ‘n reaksie ontlok nie!
Hou niks van Anton Goosen. Het nog nooit van sy stem of liedjies gehou nie . Is ek die enigste een wat so voel?
Mense is nie robots nie – mense se smaak verskil.