Video: Hotelkamer onder die see

The Muraka (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Video van ʼn ondersese hotelkamer het sosiale media aan die gons.

Die video, wat deur reisbloggers Kara en Nate op Instagram gedeel is, bied ʼn kykie in die weelderige akkommodasie en unieke ervaring om onder die see te bly.

In die video stap Kara en Nate deur die huis wat slegs deur ʼn privaat hysbak besoek kan word. Daar is oral ʼn panoramiese uitsig oor die mariene lewe.

Sedert die video op Instagram gedeel is, is dit reeds meer as 74,8 miljoen keer gekyk.

“Kan jy jou indink hoe donker dit in die aand moet wees – en mens het geen idee wat agter die glas skuil nie. Nee, dankie,” skryf een persoon in die kommentaar.

“Verbeel jou jy word in die nag wakker en jy hoor hoe die venster kraak,” skryf nog iemand.

“Een krakie en alles is verby. Nee, dankie,” skryf nog iemand.

ʼn Vierde persoon het gesê hulle het daar tuisgegaan en dit was ʼn wonderlike ervaring.

Die Conrad Maldives Rangali-eilandoord in die Maldive bied dié luukse dubbelverdieping woning aan genaamd The Muraka. Volgens die webwerf The Digest Online is dit byna vyf meter onder seevlak met ʼn hoofslaapkamer wat deur ʼn 180 grade-koepel bedek word. Die hotel bied ook ʼn 24 uur-butler en sjef, spa-behandelings, ʼn fiksheidsghoeroe en persoonlike jet ski’s.

Dit kos ongeveer $15 000 (sowat R280 000) per nag om hier te oornag.

Sien ‘n meer volledige video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

Het in een gebly in Dubai, en dit het nie my gehelp nie lol baie nice om te sien en te wees, maar meer as paar minute was genoeg vir my, toe het ek nog 2 dae oor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.