Video: Oompie spog met Michael Jackson-passies

Skermgreep uit die video

ʼn Video op Twitter van ʼn man wat met sy Michael Jackson-danspassies spog, is baie gewild.

Die koning van popmusiek se liedjies en legendariese danspassies inspireer nog steeds mense van alle ouderdomme.

Mike Taddow het Sondag ʼn video op sosiale media gedeel wat vinnig aandag getrek het – dit is reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

Die video, van 42 sekondes lank, wys hoe ʼn middeljarige man entoesiasties op Michael Jackson se “Billie Jean”-liedjie dans by ʼn troue. Die gaste en platejoggie por hom aan met ʼn gejuig.

“Bob wag al sy hele lewe lank vir hierdie oomblik en hy het nie teleurgestel nie!” skryf Taddow in die plasing. Ouderdom is beslis net ʼn getal.

“Selfs met die klank af het ek dadelik geweet dit is Michael Jackson se ‘Billie Jean’,” skryf een kyker. “Is dit nie maar wat ons almal soek nie?” skryf nog iemand. “Daar die een oomblik wat ons weet ons kan uitstekend vaar as ons die geleentheid kry. Welgedaan, boet. Drink Ibuprofen en rus lekker, jy verdien dit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.