Video: Ouma se wenke vir jou liefdeslewe

Die Indiese akteur Kunal Bhan het ʼn prettige video gedeel waar sy ouma vir hom raad gee vir sy liefdeslewe.

Die akteur beskryf homself as ʼn “dating noob” (ʼn “noob” is iemand wat onervare is in ʼn spesifieke aktiwiteit of bedryf) en kry ʼn paar wenke by sy nani, wat die rol van sy liefdesghoeroe vertolk.

“Bring jou notaboekie – Kunal Bhan se nani leer ons hoe om sukses te behaal met afsprake!” lui die beskrywing by die video.

Die ouma gee dan ʼn paar wenke:

  1. Moenie die waarde van blomme op ʼn eerste afspraak onderskat nie.
  2. Om galant te wees, is nooit oudmodies nie.
  3. Moenie op jou selfoon wees terwyl jy op ʼn afspraak is nie.
  4. Kook vir haar! Die pad na ʼn vrou se hart is ook deur haar maag.
  5. Reageer altyd op ʼn teksboodskap. En meisies – as hy dit nie doen nie, blok hom! Ghosting (wanneer iemand sonder rede ophou reageer op kommunikasie) is nie cool

Die prettige video het sosialemediagebruikers bekoor. Talle het met hartjie-emotikons reageer. “Beste video op Instagram vandag!” het een geskryf. “Dit is so heilsaam,” skryf ʼn ander.

Bhan se ouma is gereeld deel van sy Instagram-video’s. Hy het ook ʼn rits plasings oor “Pick up lines with my grandmother” waar Bhan ʼn soetsappige groet probeer, en dan op sy plek gesit word deur sy ouma se kwinkslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.