ʼn Paar sterk trekperde het ʼn vragmotor teen ʼn steil helling, wat met ys bedek was, uitgesleep.
Die voorval het verlede week Woensdag op Jacob en Lizzie Hershberger se plaas in Minnesota in die VSA plaasgevind.
Die eienaar van die vragmotor, Craig Helgeson, het gesukkel om met sy vragmotor teen die gladde helling uit te ry. Jacob se span trekperde het toe die swaarvragmotor teen die opdraande uitgetrek.
In die video wat Lizzie gedeel het, kan gesien word hoe die trekperde hul bes probeer om die swaar vragmotor te sleep, maar wanneer hulle eers die wiele laat rol, sleep hulle dit maklik teen die helling uit.
Lizzie het gesê sy en haar man het saam met perde grootgeword. Jacob se Vlaamperde is spesiaal geteel om swaar vrag te sleep en hulle is nie beseer tydens die voorval nie. Alhoewel die 13-jarige Molly en Prince gereeld swaar vragte sleep, is dit die eerste keer wat hulle ʼn vragmotor moes trek.
Dit noem jy nou perde KRAG,
Dit noem ek diere MISHANDELING!
Dit noem ek diere MISHANDELING!
Pragtig. Mooi sterk gesonde perde.
Dit wys my net ou manier “oorspronglike” is nog teens top as moderne lewe
wow!
Dieremishandeling, niks anders nie!!!!