ʼn Groep petroljoggies van die Wes-Kaap het motoriste met nóg ʼn “kitsskare” vermaak – dié keer by ʼn vulstasie langs die N1 op die maat van Mandoza se “Nkalakatha”-treffer.
ʼn Video van dié groep petroljoggies van die Winelands Engen-vulstasie naby Kaapstad het die afgelope naweek opslae gemaak op sosiale media.
In dié video kan gesien word hoe motoriste eers verbaas toekyk en dan hul selfoonkameras uithaal om die “kitsskare” – ʼn openbare byeenkoms waar mense spontaan in groepe bymekaarkom en dikwels op ʼn ongewone of skynbaar onvoorbereide manier in die publiek begin dans – af te neem.
Die video is al meer as 850 000 keer gekyk en teen Maandagmiddag sowat 25 000 keer op sosiale media gedeel.
“Dís mos nou wie en wat Suid-Afrika regtig is,” het Carla Mackenzie op sosiale media laat hoor. “Ek is mal hieroor! Dit is fantasties. As jy lief is vir dít wat jy doen, doen dit met liefde en doen dit goed – nes dié mans,” het Yvette Venter geskryf.
ʼn Ander video van ʼn groep mense, wat joggies van dié maatskappy en lede van die publiek insluit, het ook in Augustus verlede jaar opslae gemaak.
https://www.facebook.com/lailanewsie/videos/2023782991188132/
Dis regtig awesome, hulle kan maar hoor! Sal nie omgee om so paar minute extra te wag om dit te kyk nie.
Ek stem. Dan gaan ek nie mind om n paar minute langer vir petrol te wag nie.
Dis nou lekker vermaak.
Ek kry skoon hoendervleis!
Welgedaan!!
Dit maak my dag!! Pragtig! Wens dit kan oral gebeur! @lovesouthafrica
Maggies, julle is fantasties. Die moves en stunts soos regte egte dansers. Kan nie dink jul is petroljoggies nie. Well done!!!!! Die motorhawe se eienaar is sekerlik erg trots op julle!!
Wow!! Wow!! En weereens WOW!!!
Ongelooflik. …stunning….wens ek Kan dit sien
Well done vir die bestuur ook van daai vulstasie, julle het n fantastiese span!!!!
Ek sal glad nie omgee om te wag vir petrol nie.
Well done guys…you are fantastic!!!!
WOW!!!!!!!WOW!!!!!!!!EK SIT NOU MET TRANE IN MY BLOU OGIES DIT ABSOLUUT GREAT!!!!!!!!!!!EK DINK DIT IS FANTASTIES!!!!!!!!!!!!
wow ,party van die manne hoort in SA se gimnastiekspan.uitstekend
Love dit!!
Absoluuuuut FANTASTIES…..Wens ek kon di beleef…..!! Hou so aan jul….!!
Regtig, wonder wat julle sal maak as julle dalk eendag in Disneyland kom!! Dood omslaan??