Video: Realistiese lyfkuns laat die monde oophang

Skermgrepe uit die video

Baie mense hou daarvan om met grimering te eksperimenteer. Sommige wend dit vir persoonlike gebruik aan, maar ander beskou dit as ʼn stokperdjie.

Dit is ʼn vaardigheid wat baie moeite en tyd vat om te bemeester.

Mimi Choi van Kanada se video’s met optiese illusies laat egter die monde oophang.

Sy gebruik haar gesig en liggaam as ʼn skilderdoek om die illusies te skep. Sy het al monstergesigte, ʼn karnavalrit, ʼn akwarium en nog baie meer geskep – soos gesien kan word op haar Instagram-profiel.

ʼn Video van haar werk het onlangs wyd op sosiale media versprei. Sy gebruik haar bene as ʼn skilderdoek en verf ʼn kaktus. Van die kleur van die verf tot selfs die dorinkies laat die fyn detail mens verstom.

Sy verf haar bene ook soos ʼn brood, ‘n gesnyde tamatie en ‘n mielie wat lyk of dit pas geoes is.

Die video is reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.