Video: Só verseël jy ʼn pak skyfies

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat wys hoe mens baie maklik ʼn pak skyfies kan verseël, is al miljoene keer op sosiale media gekyk.

Die wenk het aandag getrek op sosiale media toe Padma Lakshmi, ʼn sjef en TV-aanbieder, die video op Twitter gedeel het. Dit is aanvanklik deur Heidi Tuley op TikTok gedeel.

Lakshmi se video is binne drie dae reeds meer as 11,4 miljoen keer gekyk.

“Hoe ontdek ek dit nóú eers?” het Padma by die video geskryf.

Sommige gebruikers het die wenk as “briljant” en “baie handig” beskryf, maar ander het laat weet hulle kom glad nie reg nie en sal maar eerder steeds ʼn wasgoedpennetjie gebruik.

Laat weet ons gerus in die kommentaar of jy kon regkom!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmandaDup ·

Nooit te oud om iets nuuts te leer nie. Ek knip myne altyd toe met wasgoed pennetjies. Gaan beslis hierdie manier probeer.

Michael 1 ·

Leer ek vandag iets wat ek nog nooit kon bemeester nie,dankie

Gawie ·

Dis nou slim! Nou he ek rede om daardie pak skyfies oop te maak . . . . .

Tienie ·

Nee wat.

Ek pak hom heeltemal weg. Nie nodig om hom weer toe te maak nie.

Ek maak net die asblik toe as ek die sak klaar weggegooi het..

DieKriek ·

Skyfies is om alles opgeëet te word. Miskien kan ons vries sakkies so toemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.