Video: Superpa kom tot die redding

Marc Daniels met Suri op sy heup saam met Bella op die verhoog (Skermgreep uit die video)

ʼn Pa van drie het onlangs tot sy tweejarige se redding gekom toe sy tydens ʼn kleedrepetisie vir ʼn ballet-opvoering verhoogvrees gekry het. Bella het op die verhoog begin huil en inmekaar gesak totdat haar pa, Marc Daniels, by haar aangesluit het.

Bella is deel van die In Motion School of Dance in Hamilton, Bermuda. Die kleedrepetisie was vir haar eerste dans-opvoering ooit.

Marc het met sy baba, Suri, op die verhoog verskyn en Bella se hand vasgehou terwyl hy langs haar al die passies uitgevoer het.

Marc, ʼn advokaat, het verduidelik Bella is baie emosioneel en het omhelsings van haar pa nodig. “Ek kon sien dat sy, ondanks al die ontsteltenis, steeds op die verhoog wou bly en ek wou haar nie ontmoedig voor die groot opvoering nie,” het hy aan Caters News Agency gesê. “Ek het gesê ek is lief vir haar en haar vertel sy is ʼn wonderlike danser. Ek het gevra of sy saam met my wou dans, en sy het geknik, en toe het ek saam gedans.”

Hy het glo al die roetine ʼn paar keer saam met haar by die huis geoefen, so hy het presies geweet wat moet gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Yvonne ·

Pragtig ! Pappa is my held. Hierdie dogtertjie gaan altyd hierna kyk en weet my pappa ge om. Wat ons nie vir ons kinders sal doen nie. Dankie vir die bietjie mooi Maroela!

Gerda ·

Dis te oulik!

Maar doen julleself ‘n guns en kyk na die dogtertjie heel regs.

Denise ·

Dit is baie oulik die pa het haar vrese heeltemal laat verdwyn en die baba het dit netso geniet !!!!

Denise ·

Dit is baie oulik die pa het haar vrese heeltemal laat verdwyn en die baba het dit netso geniet !!!!

Pieter ·

Dit is sommer goeie opbouende nuus die. N Pa wat omgee. Kan ons nie asb meer sulke pa’s kry nie, veral hier in ons land. Dan wil ek sommer dankie se vir alle goeie ondersteunende pa’s orals.

Sarel ·

Jammer ek kan nie saam stem dat ‘n kind op die jong ouderdom aan die stress blootgestel word nie.

Me ·

Dis vir my te oulik hoe hy die danspassies ken!
Pappa duisend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.