Video: Sy ‘slaap’ toe sy met snoepgoed betrap word

Skermgreep uit die video

ʼn Kleuter van Connecticut in die VSA is deur haar ouma op heterdaad betrap toe sy snoepgoed uit die kombuis wou steel, berig die Daily Star.

Sy het besluit die beste manier om uit die penarie te kom, is om te maak of sy slaap – al staan sy nog kiertsregop.

Die grappige video is deur Christine Vaughn verfilm en wys hoe haar 20 maande oue kleinkind, Amala, maak of sy slaap toe sy snoepgoed “gesteel” het. Volgens die New York Post is die video by hul huis in New Haven verfilm.

“Amala, sit dit terug,” sê Christine in die video.

Amala bly dan nog steeds regop staan – met haar oë toe, asof sy slaap en nié besig is om ʼn pakkie gedroogde vrugte te steel nie.

“Kan jy my hoor? Maak oop jou oë,” sê die ouma. “Ek gee nie om of jou oë toe is nie, sit die peuselhappie terug in die kas, Amala.”

Die kleuter maak uiteindelik haar oë oop en glimlag só onskuldig dat enigiemand se hart sal vermurwe.

Die video is reeds minstens 1,7 miljoen keer op Facebook gekyk en 5 miljoen keer op Twitter. Talle sosialemediagebruikers het Amala gou verdedig: “Daardie kind is onskuldig. Mens kan haar nie sien as haar oë toe is nie. Saak afgehandel.”

Did she just act like she's sleeping when i caught her getting snack??? ????????‍♀️????????????????????????

Posted by Christina J. Thomas-Vaughn on Saturday, June 20, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Te kostelik en wie kan dan nie lag en net so lyfie vasdruk en liefhe nie xxxxx

Agietjie ·

Gedroogde vrugte. Vergeef haar dit maar. Dis darem nie sjokolade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.