Video: ‘Tornado’ visse bekoor

ʼn Video met ʼn skool visse wat in ʼn tornado-tipe struktuur swem, bekoor internetgebruikers.

Dit is nie bekend waar die verskynsel verfilm is nie, maar die video wys hoe duisende klein vissies saam in dieselfde rigting swem om ʼn draaikolk te vorm.

Die video is oorspronklik op 7 Julie op Instagram gedeel deur die Japannees Tatsuro, wat homself ʼn mariene fotograaf noem. Dit is reeds meer as 3,6 miljoen keer gekyk.

Tatsuro deel foto’s van sy besonderse versameling van seefotografie.

Kykers het in die kommentaargedeelte van die tornado visse laat weet hoe hulle vasgenael voor die prentjie sit. “Wat ʼn pragtige video! So wonderlik,” skryf een persoon. “Ongelooflik,” skryf ʼn ander. “Dis soos hipnose!” skryf nog iemand.

Volgens die webwerf eat.blue gebeur dié verskynsel wanneer ʼn groot groep voëls, visse of insekte saam beweeg en saam van rigting verander.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by ????Tatsuro ???? (@ta.tsu.1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.