Video: Van guur weer na mooiweer deur die tonnel

Koue, reënerige toestande aan dié kant van die tonnel (Skermgreep uit die video)

Die weer verander heeltemal aan die ander kant van dié tonnel deur ʼn berg.

Die tonnel is geleë in La Palma, een van die Kanariese Eilande.

In die video ry die motor van die koue, reënerige oostelike helling van die eiland na die westelike helling van die eiland waar mooiweer op jou wag.

Die weerverskynsel is algemeen by tonnels deur hoë berge en in die kommentaar het kykers van reg oor die wêreld, insluitend Hawaii, Colorado, Switserland en Kroasië.

Die verskynsel staan bekend as die orografiese effek wanneer ʼn lugmassa van ʼn lae hoogte na ʼn hoër hoogte gedwing word soos wat dit oor ʼn stygende terrein beweeg. Waar die lugmassa hoër styg, verkoel dit adiabaties en dit kan die relatiewe humiditeit tot 100% laat toeneem. Dit vorm wolke en onder die regte toestande, reën.

Een van die kykers laat weet egter die klerekas in Narnia was vir haar baie meer indrukwekkend.

How the weather changes from one side of a tunnel to the other

The weather completely changes on the other side of this tunnel through a mountain ????????

Posted by LADbible on Thursday, February 9, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fae Fubar ·

“het kykers van reg oor die wêreld, insluitend Hawaii, Colorado, Switserland en Kroasië????????

Marcello ·

Wel dit gebeur ook so in die Suid-Kaap. As jy van George na Oudtshoorn reis, is dit dieselfde. In George is dit vriesend koud, maar as jy oor die berg (Outeniqua Pas) gaan, dan is die weer heeltemal die teenoorgestelde in Oudtshoorn.

Suzette ·

Wat wel interessant is, is dat die tonnel in Switserland naby die grens met Italië 17 km lank is. Dit voel oneindig as jy deur die tonnel ry, dit wil amper nie tot ‘n einde kom nie. Die lug is dan so mooi as jy daardeur is dat jy die sonskyn en natuur sommer weer baie waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.