Video van koningkobra verstom

Skermgreep uit die video

Slange kan dodelik en vreesaanjaend wees. Hul unieke en merkwaardige vermoëns maak van hulle egter verstommende kreature.

Susanta Nanda, ʼn bosboubeampte van Indië, het onlangs ʼn video van ʼn koningkobra op Twitter gedeel wat kykers verstom laat.

Hy skryf: “Die koningkobra kan letterlik ‘regop staan’ en ʼn volgroeide mens in die oë kyk. Wanneer hulle gekonfronteer word, kan hy ʼn derde van sy lyf van die grond af oplig.”

Die video is binne ʼn dag reeds byna 365 000 keer gekyk.

Die koningkobra is een van die giftigste slange en ook een van die langste slange. ʼn Volwasse koningkobra kan langer as 3 meter word en tot byna 10 kg weeg. Volgens die National Geographic kan hulle regop “staan” en mens in die oë kyk. Die hoeveelheid senuweegif wat hulle in een byt vrystel, is genoeg om 20 mense dood te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek verstaan n swart mamba kan dit ook doen ,nog nooit gesien nie want as ek n slang raakloop is hy gewoonlik dood voor hy sulke toertjies kan doen.

Lourens ·

Harley: die Bybel gee nie ‘n opdrag nie. Dit maak ‘n voorspelling. Gaan lees mooi.
Slange is net so ‘n deel van die skepping as enige ander dier.

Dirk ·

Jou rede vir slang doodmaak is glad nie geldig nie. Daardie dier het ‘n baie belangrike doel in die natuur!

Schalk ·

Ek vra net hoe gaan ‘n kind dit verstaan as die slang in jou huis inkom aan al die slangbeskermers? Gaan jy dit los? ‘n Slang is enige tyd so gevaarlik soos ‘n gelaaide vuurwapen.

Sê maar net ·

Dis die waarheid. My ma het dit beleef en dank God, bly lewe om dit te vertel.

blia ·

My liefste hond is verlede week deur ‘n geelslang gepik. Sy was 10 minute later oorlede.

Phillip ·

Blia moet n mens nou n dislaik gesiggie op sit of n hou van gessiggie op sit want dis hartseer dislaik se jy hou nie van wat jy lees nie

blia ·

Dankie, ek verstaan wat jy bedoel. Dis net tragies. Ons woon op ‘n plaas waar ons baie slange kry. My honde is hero’s, want hul snuffel die slange uit en baklei dan verbete met die slange (dis hul instink om ons te probeer beskerm). Ek het altyd geweet een dag gaan ‘n slang wen. Dis steeds bitter hartseer as dit gebeur.

Sandra ·

Het julle al gesien hoe vinnig kan ek hardloop as ek deur so ‘n slang “gekonfronteer” word? Want glo my, die slang sal die konfrontasie doen, nie ek nie. Dit sit nie in my broek nie. Brrr hoe kry ek nou hoendervleis.

Patch ·

Ek het ‘n heilige vrees vir slange en sal my bene stompies hardloop as ek op so iets moet afkom. Dit moes iets gewees het om te aanskou, nooit geweet slange kan dit doen nie (so hoog nie), wel dat kobras hulle koppe en voorlywe sal optel as hulle bedreig voel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.