Video van pikkewyne wat skoenlapper jaag steel die harte

Argieffoto (Foto: Michael Bußmann/Pixabay)

ʼn Video van ʼn groep pikkewyne wat ʼn skoenlapper jaag, sal jou sommer laat glimlag.

Die kort video is deur die gebruiker Buitengebieden op Twitter gedeel en wys hoe die groep pikkewyne agter ʼn skoenlapper aanhardloop.

Dit is nie duidelik waar die video verfilm is nie, maar dis beslis ongelooflik oulik om te sien!

Die video is maar net twee sekondes lank maar is reeds byna 6 miljoen keer gekyk en het honderde reaksies en kommentare uitgelok.

“Hoe is dit dat enige toneel met ʼn pikkewyn só oulik is?!” wou een kyker weet. “Ek wens die video was langer!” skryf ʼn ander. “Daai skoenlapper terg hulle met sy vermoë om te kan vlieg!” skerts nog ʼn persoon.

Raaiskote dat dit ʼn groep adeliepikkewyne is, is nie akkuraat nie. Adeliepikkewyne kom in Antarktika voor en dit is die enigste vasteland waar daar nie enige skoenlappers aangetref word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maritza ·

Maak nie saak of dit so is nie. Dis tog te oulik om te sien. Gebruik jou verbeelding LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.