ʼn Vlieënier sal voortaan seker maak daar is geen ongenooide gaste nie wanneer hy met sy mikrovliegtuig gaan vlieg.
Metro berig Romain Jantot is behoorlik die skrik op die lyf gejaag nadat hy en ʼn passasier reeds hoog die lug in was en toe besef het ʼn kat vlieg saam met hulle. Jantot het teruggedraai en minute later was die klein waaghals weer met sy vier voete op die grond.
Die video is al meer as 14 miljoen keer gekyk op YouTube.
Gedoriewaar beslis! Bly kattekind is blykbaar ongedeerd!
Daar is ‘n katlewe weg . . .
Peet, :D dis verseker – gelukkig het kattekind nog minstens 8 oor! So mooi kat ook nog. Foeitog – wonder wat in die kop aangegaan het, het gesien dit miaau op ‘n kol, was seker baie benoud!Gelukkig het die gesegde “‘n benoude kat maak benoude spronge” in die geval nie gebeur nie!