Video: Voëltjie keer trekker om oor haar nes te ry

Skermgreep uit die video

ʼn Hartroerende video, wat wys hoe ʼn klein voëltjie voor ʼn trekker inbeweeg om te verhoed dat die voertuig oor haar nes ry, word wyd op sosiale media gedeel.

Volgens CGTN is die video in Ulanqab, China, verfilm. Die klein bruin voëltjie, met haar vlerke uitgesprei, gaan staan voor die bewegende trekker om die eiers in haar nes te beskerm.

Die bestuurder van die trekker het haar gelukkig betyds raakgesien en besef wat sy probeer doen. Hy het ook, met die hitte in gedagte, ʼn bottel water naby die nes neergesit.

“Dis hartroerend,” het een persoon op Twitter geskryf. “Dis absoluut wonderlik,” het ʼn ander geskryf.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

humor ·

Ja wonderlik. As boerseun het ek met groot deurnis bewondering beleef hoe dapper en parmantig n kiewietma haar nes kon verdedig toe n hele skaaptrop van ongeveer 400 oor haar nes getrek het. Trouens die trop het elke aand vanaf die water na die kraal daaroor getrek en die kiewiet het daarin geslaag om haar eiers uit te broei en toe met haar kuikens getrek.

Pragtig ·

Ek sien dit gereeld in ons parke wat ook deesdae so geweldige deurloop het. Dierbaar van die drywer met sy goeie hart en om nogal vir haar water ook te gee. So mooi.

Elizabeth ·

Ag dis soooo dierbaar! So n intelligente ou voëltjie! Ek sal graag n foto van die boer wil sien want hy moet n groot, sagte hart hê! Ek’s juis ‘n alleenloper op soek na SO n man!!

Maria ·

Ha,ha onthou baie baie goed ek as jong dae op atletiek baan geoefen damn Kiewie altyd ons gepla deur ons gevlieg om hulle nesse te berskerm dit my verpes ha,ha Ag te oulik dapper ma laat my terug dink daaroor te kan lag

Ena ·

Bless his heart…and thank U sweet Jesus….not all humans are evil….amen.

Gert ·

Soveel mense kan by die diereryk gaan leer oor hoe om na kinders om te sien. Ek is by n Kinderhuis in Bloemfontein betrokke en is dit so hartseer as mens besef dat 99,9% van daardie kinders nog wel een of albei ouers het maar dat in die meeste gevalle die ouers te sleg is om na hulle te kyk!!!! So so hartseer???????? Hierdie voëltjie het nie n kans teen die trekker nie maar is bereid om haar lewe op die spel te plaas vir die eiers wat sy besig is om uit te broei!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.