Vrou neem eers selfie tydens reddingspoging

Die vrou neem ‘n selfie terwyl haar motor in die ysige water wegsak (Foto: Lynda Douglas/Twitter)

ʼn Vrou wat ʼn ongeluk gemaak het toe sy op ʼn geysde rivier in Kanada gery het, het internasionaal opslae gemaak vir ʼn vreemde rede – sy het eers ʼn selfie geneem terwyl haar motor in die ysige water weggesak het.

ʼn Foto word versprei van die onbekende vrou op haar geel motor, waar sy foto’s van haarself neem. Haar motor het Sondagmiddag onder die ys van die Rideaurivier in Manotick verdwyn, berig die Daily Mail.

Plaaslike inwoners het haar te hulp gesnel, maar die vrou het skynbaar doodrustig bo-op haar motor bly staan en selfies geneem.

Die vrou is deur die inwoners gered wat haar met ʼn kajak na veiligheid gebring het. Die polisie in Ottawa het die inwoners geloof dat hulle vinnig reageer het. “Gelukkig was daar nie enige beserings nie en die plaaslike inwoners het ʼn wonderlike werk gedoen om die bestuurder van die motor met ʼn kajak te red.”

Volgens die Kanadese koerant, die National Post, is die vrou nie beseer tydens die voorval nie. Sy wou nie toelaat dat paramedici haar ondersoek nie.

Die polisie het gesê sy staan tereg op aanklag van nalatige bestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suzette ·

Selfbehep! Sy lyk so “tevrede” met wat sy gedoen het.

Sandra ·

Ja mense is meer behep met selfies en videos vat as enigiets anders deesdae. Party sal tot hulle eie lewens waag om die perfekte selfie te neem. Hulle moes haar los dat sy ‘n video selfie kon neem van hoe sy saam met haar kar soos die Titanic onder die water verdwyn. Aai party ma’s se kinders darem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.