Waar die paaie van sjokolade gemaak is…

Foto: Westönnen-brandweer via DreiMeister/Facebook

ʼn Dorp in Duitsland het onlangs presies gesien wat sou gebeur as die strate van sjokolade gemaak was.

Inwoners van Westönnen, in die noordweste van Duitsland, het Maandagaand hulself in ʼn taai situasie bevind toe sjokolade uit ʼn tenk by die DreiMeister-fabriek gelek het. Die brandweer is omstreeks 20:00 ontbied toe die sjokolade oor ʼn nabygeleë straat gespoel en gestol het.

Die pad is vir twee ure lank gesluit terwyl spesialisskoonmakers ontbied is om die 10 m² sjokoladegemors skoon te maak.

Die plaaslike koerant Soester Anzeiger het gesê ʼn “tegniese foutjie” het die probleem veroorsaak, sonder om verdere besonderhede te verskaf.

Markus Luckey, eienaar van die maatskappy, het bevestig daar was ʼn probleem met een van die tenks en gesê vervaardiging sal Woensdag hervat. “Dit sou katastrofies gewees het om vervaardiging net voor Kersfees op te skort,” het hy gesê. “Dit was sommer net iets kleins. Daar was nie groot skade nie.” Hy het skertsend bygevoeg daar was talle persone wat aangebied het om met lepels te kom help skoonmaak.

DreiMeister vervaardig luukse handgemaakte sjokolade wat deur spesialishandelaars verkoop word. Die maatskappy het 130 permanente werkers en tussen 50 en 80 seisoenale werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johnnie ·

Waar was ons ek sou gratis help om dit op te skep natuurlik met n lepel tot by my mond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.