Wasbere is ‘ongenooide gaste’ op troufoto’s

Foto: Kathryn White/Instagram

As mens in die natuur jou troufoto’s wil neem, dan moet jy voorbereid wees op ʼn ongenooide gas of twee. ʼn Familie wasbere het by dié paartjie se fotosessie opgedaag.

Zach Levenberg en Sarah Schaaf het op 14 September hul troufoto’s in die tulpetuin in San Francisco se Golden Gate-park geneem. Hul fotograaf, Kathryn White, was gereed om die knoppie te druk vir die oomblik wanneer Levenberg sy bruid vir die eerste keer sou sien, maar toe daag ʼn paar ongenooide gaste op: ʼn familie wasbere!

“Ek was aanvanklik bietjie bang,” het die fotograaf aan Best Life gesê. “Ek bly op die platteland waar wasbere nogal gevaarlik kan wees.”

Sy het voorgestel dat hulle iewers anders heen skuif, maar die wasbere het hulle agtervolg. Hulle was gelukkig vreedsaam. “Hulle was baie nuuskierig en vriendelik,” het White bygevoeg.

Schaaf is die adjunkpresident van gemeenskap op die sosialemedianetwerk Imgur en gebruikers was dol oor die foto’s wat sy gedeel het. Een gebruiker het gesê dit lyk soos iets uit ʼn Disney-fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tina ·

..en die wasbeer besoek gaan vir lank die kan-jy-onthou-oorvertel hoogtepunt wees

SeMaarNet ·

Ag vrek dis nou oulik! Beslis ‘n spesiale herhinnering vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.