Wedvlugduif haal rekordbedrag van R29,2 miljoen

Foto: Jimmy Kets via Pipa

ʼn Tweejarige wedvlugduif is op ʼn veiling vir ʼn rekordbedrag van €1,6 miljoen (sowat R29,2 miljoen) verkoop.

Die veiling het Sondag tot ʼn einde gekom vir die tweejarige Belgiese wedvlugduif, genaamd New Kim.

Aanbiedings het die afgelope week €1,32 miljoen gehaal wat reeds die vorige rekordbedrag verbygesteek het van €1 252 000 vir nog ʼn Belgiese wedvlugduif, Armando, in Maart 2019. Die bieërs het Sondag in 30 minute al hoe meer aangebied vir New Kim.

“Hierdie rekordbedrae is ongelooflik, want dit is ʼn wyfie. Armando was ʼn mannetjie,” het Nikolaas Gyselbrecht, uitvoerende hoof van Pipa, die aanlyn afslaers wat die veiling hanteer het, gesê. “Mannetjies is gewoonlik meer werd as ʼn wyfie.”

New Kim is twee jaar oud en het slegs in 2018 aan ʼn wedvlug deelgeneem. Sy het met die prys weggestap en is op vroeë aftrede geplaas. Duiwe kan tot gewoonlik 10-jarige ouderdom broei en New Kim het dus waarskynlik nog ʼn paar jaar van kuikens wat voorlê.

Aanbiedings vir New Kim het op 2 November op €200 begin en binne minder as 90 minute tot €1,31 miljoen gestyg met ʼn bod van ʼn Suid-Afrikaanse groep. Twee welgestelde Chinese entoesiaste het Sondag om die bod gewedywer.

 

New Kim se besonderhede op die Pipa-webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Ek sal nie saans kan slaap as ek weet ek het so duur voeltjie erens buite in n hok nie – nee oh wrintie waar en buurman se seun skiet my duifie dood met sy kettie……. huil my morsdood!!!

netek ·

As jy dit het, het jy dit. En so wragtig waar ek het dit nie

Eclectus ·

Ek het gehoor toe Gary Player met resiesperde begin boer het, het sy pa vir hom gesê mens belê nie in iets wat vreet terwyl jy slaap nie.

Eend Bessinger ·

Ja nee, ek stem saam. Belê jou geld eerder in eiendom en die bank. Dan weet jy ten minste jou belegging sal toeneem in waarde oor die jare heen.

Mallie ·

Dis malligheid. Gee vir my daai geld. Ek weet wat om daarmee te doen. Sal vir my n huisie koop en n kar. BAie dankie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

WOW! Gee my net die bedrag na die komma in Euro. Hulle kan die res maar hou!

Eend Bessinger ·

Gee my net ‘n 1/2 miljoen Euro. Ek kan dit beter gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.