DA wil Pta by ANC vat, stel kandidate bekend

Van links Solly Msimanga, Bronwyn Engelbrecht en Brandon Topham. Foto: ANA

Van links Solly Msimanga, Bronwyn Engelbrecht en Brandon Topham. Foto: ANA

Die DA meen sy ondersteuningsbasis in Pretoria het sterk gegroei en dat hy moontlik ná volgende jaar se plaaslike verkiesings die stad kan lei.

“Die ANC se ondersteuning in die stad het afgeneem en ons ondersteuning het aansienlik toegeneem oor die laaste twee of drie plaaslike verkiesings. Ons glo daar is ʼn realistiese kans dat ons kan wen en dat ons ʼn stad kan bou wat werk skep. Ons kan die bestuur van die stad omdraai,” het Fred Nel, die DA se voorsitter in Gauteng-Noord, Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Die DA het Woensdag die kandidate vir die Tshwane-burgemeesterskap bekend gemaak. Die kandidate is raadslid Brandon Topham (44), Solly Msimanga (35) en Bronwyn Engelbrecht (54). Topham, die party se woordvoerder oor munisipale rekeninge, was ook in 2011 se plaaslike verkiesings die DA se burgemeesterskandidaat. Msimanga is voorsitter van die DA in Gauteng terwyl Engelbrecht ’n apteker en lid van die komitee oor munisipale rekeninge is.

Die DA het in die plaaslike verkiesings in 2011 met 39% van die steun in Tshwane weggestap terwyl die ANC 56% van die stemme op hom gevestig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

chris ·

Hoekom Edwin ?
Oortuig my gou oor die verskille tussen die DA beleid en ANC sodat hulle my stem kan kry .So nie stem jy net vir ‘n ander drywer vir dieselfde trein op dieselfde pad na dieselfde afgrond,Of wat se ek alles Edwin?

Adoons ·

Chris, jy is heeltemal reg – daar is waarskynlik min werklike beleidsverskille – die DA is ‘n ‘ANC lite’. Tog lyk dit of daar ‘n ander kultuur binne die DA heers – miskien meer verdraagsaam teenoor ons? Vir wie anders stem ons? Met die VF+ se beleidsrigtings kan ek my 100% vereenselwig, maar die huidige leierskap gaan ons nêrens heen neem nie. So: ek stem DA vir een dag elke paar jaar as ‘n meer effektiewe anti-ANC stem, en vir die res van die tyd beywer ek my vir die oorlewing van Afrikaners as ‘n onderdrukte minderheidsgroep. Dit doen ek deur byvoorbeeld my finansiële steun aan organisasies soos Afriforum, die FAK, Pretoria FM en die Helpende Hand.

chris ·

Adoons .Ek en jy is op dieselfde bladsy net op verskillende paragrawe. Burgerorganisasies is ons enigste oplossing in my oe.Ek het wel vir die VF gestem en net om die redes dat dit die naaste aan my siening is.Ook gebruik die DA talle Afrikaner stemme om te se dit is hulle ondersteuners dws hulle onderskryf die DA beleid(dieselfde as ANC).Hulle maak die afleiding korrek want jou stem ondersteun hulle beleid.Sou jy se maar FV stem is dit nou weer hulle stem en sou daar ‘n koalisie regeer is jou stem daar.Dink ‘n bietjie as die DA se maar 3% soek om erens te regeer en die FV kry 2% en die EFF 4% met wie gaan hulle in koalisie in om te regeer en glo my hulle sal saam met die EFF werk.Nou le jou stem van die DA nog meer links want die vennoot is meer links dws sou die koalisie die FV behels is die venootskap mos meer na jou rigting of hoe?

Nou is my vraag as die beleide dieselfde is en net die drywers verskil ,hoekom nog ‘n trein koop? Die maklikste verander die drywer.Daarom stem ANC en verander dan net die leierstruktuur dis mos baie makliker ek dink hulle noem dit die rysmier-effek,dit is met groot welslae regoor die wereld gedoen en ‘n klomp keer ook hier in RSA(baie interesant).Ek kan voorbeelde gee as jy wil.

Groetnis in elk geval.

Marie ·

Singing hi hi hi hipiee haai! Singing hi hi hiepie haai! Go DA! Godspeed!

Frik Lotz ·

Geen party kan op sy eie die ANC klop nie, maar slegs n koalisie van opposisiepartye kan regeer waar ANC minder as 50% steun kry. Die DA leef in n droomwereld en begin al hoe meer soos ANC raak. n Wyksraadslid van die DA in Potgietersrus het juis uit die DA bedank en by VF Plus aangesluit omdat DA nie meer belangstel om te kyk na die belange van minderheidsgroepe nie. Kiesers moet hul oë begin oopmaak.

Solly Msimanga ·

Nelson Mandela het eenkeer gesê , dit lyk onmoontlik totdat dit gedoen het. Ons en die DA sal voortgaan om sterk takke bou om seker te maak dat ons die werklike alternatiewe regering die mense van Suid-Afrika kan staatmaak op en wees trots kan wees.

Solly Msimanga ·

Frik , dit gaan nie oor die beskerming van ‘n sekere groep of kultuur of erfenis , moet dit oor die bou van ‘n nasie met een toekoms , waar ek jou regte kan beskerm en kulturele glo , of jy swart of wit, Zulu of Afrikaans is . Ons moet saamwerk om ‘n nasie waar ons kan almal behoort te bou.

chris ·

Solly dankie dat jy almal se regte wil beskerm. As jy egter ernstig is hieroor hoe kan jy vir die DA stem?Noem gou ‘n paar voorbeelde waar hulle opgekom het vir my Afrikaner regte bv naamsverandering(kultuur)rassisme soos bee seb ens(wat die DA onderskryf),Afrikaanse instellings (universiteite ,skole, kolleges).Die DA is nerens te sien behalwe as dit wit op swart probleme is nie noem vir my waar hulle swart op wit rassisme uitwys.As jy kan gee ek vir jou talle voorbeelde van die teenoorgestelde maar jy kan nie?
Nog ‘n ding Solly ons verwag nie dat jy(DA) ons regte moet beskerm nie, moet dit nie verkrag soos julle tans doen en dan leuns kom verkondig hier nie.Die DA is rassisties teenoor blankes en die Afrikaner in besonder bewyse is orals.Ek gee dit met liefde maar verwag dan dat jy my die teendeel sal bewys en nie maak soos talle DA lede wat by vorige skrywes net verdwyn om weer ‘n week later die selfde snert kwyt te raak nie(daar was ook ‘n Chris maande terug wat bewyse gesoek het ek het dit vir hom gegee en tot hede het hy geen bewys gegee wat die teendeel bewys nie.Hy het net weggeraak).
Wees vir ‘n slag eerlik en se julle wil die Afrikaner kultuur en erfenis vernietig soos julle doen maar nou wil julle twee gode dien.
Jy is wel reg julle wil ‘n nasie bou en om dit te doen moet Afrikaner kultuur afgebreek word want dit pas nie in by jou nuwe “nasie” se kultuur nie. Hoekom kan julle nie eerlik hieroor wees nie?Hoekom moet julle lieg?

Nee wat die DA praat met ‘n gesplete tong.

Manie ·

Wit kiesers moet nie vir n oomblik dink dat die liberale DA na hulle gaan omsien. Kyk maar na hulle beleid. Dit is n linkse beleid baie naby aan die ANC. Stem liewer VF+sodat DA n koalisie met hulle moet sluit en hulle sal tenminste na wit minderheids belang kyk. Moet nie dat DA jou stem misbruik

Johann Marx ·

En almal is van mening dat die ANC sommer net so gaan opstaan en loop? Soos die Ingelse sê” “You’ve got another thing coming!!”

Bruno Stef ·

Solly Msimanga met alle respek het jou sogenaamde DA liederlik gefaal om werklik allerdaagse belange wat vir die Afrikaner van belang is aan te spreek.Voer jou veldtog in gegoede gebiede en jy mag dalk n paar Afrikaanses beindruk maar omstandighede het so verander vanaf die vorige verkiesings dat die allerdaagse werkende mense begin het om te onderskei tussen julle oppertunisme en die werklikheid.Die stryd van ons mense is beteken meer as jou eenmalige kruisietrek ten gunste van die DA.

Gerda ·

En DA word geglo soort ca maak wolf skaapwagter, kan nie glo die blankes val vir die pot nonsens nie. Ek bly en sal altyd vir die VF+ stem maak nie saak wat nie

Gerda ·

En DA word geglo soort van maak wolf skaapwagter, kan nie glo die blankes val vir die pot nonsens nie. Ek bly en sal altyd vir die VF+ stem maak nie saak wat nie

amelia ·

Gerda stem saam met jou die Kofiefontein episode nog lank nie vergete stem vf of fn (front nasionaal) Ongelukkig maar min wat vir hul stem maar elke stem help

amelia ·

Stem saam Gerda Kyk maar net wat het by Koffiefontein gebeur stem vf of fn (Front nasionaal) Is maar min wat vir hulle stm maar elke stem help

Hein ·

Stem Burgeregtegroepe. Hulle is die enigste “party” wat nog iets reggekry het die laaste 5 jaar.
Stem Afriforum, stem VVK, stem OUTA. Wat het enige ander opposisie partye DA, VF+, ens die laaste vyf jaar reg gekry in Pretoria? Die meerderheid gaan nog steeds vir die ANC stem en ek voorspel die ander ontevrede meerdeheid nie vir die DA gaan stem nie maar wel vir die EFF…. Afriforum organiseer slaggate herstel, watertoevoer herstel in Lydenburg, ens. nie enige ander politieke party kry reg wat burgerregtegroepe reg kry nie. OUTA het die e-tol gestop. Die mag le ni by die stembus nie, want ons is te min (2% van die algehele kieserstal). S.A is ‘n regsstaat en jy vat hierdie ouens aan in die hof. Kom mense dink ‘n bietjie…

Poplap ·

Ons ondersteun wel burgerregte groepe soos Afriforum en stem vir die VF+.
Jy weet seker dat dit nie moontlik is om te stem vir groepe wat hulself nie as ‘n politieke party geregistreer het nie?

Theresa ·

Daar is altyd bedrog by die stemmery. Al stem die hele land vir die DA – sal die ANC nogsteeds wen en in beheer wees van alles, want…………………hulle beheer alles!!!

Loeis ·

Dit is dieselfde boodskap wat hulle verlede jaar ook van Gauteng uitgestuur het: “Moet vir niemand anders stem nie, want die DA kan die provinsie vat”. Hulle het maar taamlik tekort geskied daarmee. Daar nie nog ‘n OD om in te sluk nie, en die enigste manier om te wen, is om stemme van die ANC weg te vat, waarin die DA maar klaaglik misluk.

Om die provinsie te kan vat, as dit moontlik is, sal ‘n koalisie kos. En daardie koalisie sal sterker as die ANC en EFF saam moet wees, want as die ANC hom dan tot ‘n koalisie wend om nie die provinsie af te staan nie, is ons veel erger daaraan toe as nou, met ‘n ANC regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.