Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel sowat 3km buite Potchefstroom ontbied waar die tuig neergestort het. “Die man is in die wrak gevind. Hy het noodlottige beserings opgedoen en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie.”
Bodasing het gesê verdere besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie. Die Burgerlugvaartowerheid is van die voorval in kennis gestel.