Twee mans is kritiek beseer nadat ʼn kragboks Sondag op die terrein van ʼn universiteit in Roodepoort, Johannesburg, ontplof het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die mans het omstreeks 20:20 aan die kragboks gewerk toe die ontploffing plaasgevind het.
“Een van die mans het 50% brandwonde opgedoen en die ander 20% brandwonde,” het Botha gesê.
Die mans is op die toneel gestabiliseer. Die man wat die ergste gebrand het, is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, terwyl die ander man met ʼn ambulans daarheen vervoer is vir verdere behandeling.
Verskoon my gebrek aan kennis, maar watter universiteit is in Roodepoort?
Die een wat jou leer ‘n kas is ‘n boks
Jy is verskoon. Dis Unisa.
Huh?
Sover my kennis strek, is Unisa in Prellerstr, Pretoria……of is daar meer as een Unisa?
Ja, vra ek ook……en is die 2 beseerdes van die stadsraad, of was hulle met ‘ander’ dinge besig daardie tyd van die dag?
Nou wat sal jy sê as ek jou vertel dat Unisa in 230 Stalwart Simelane St, Durban, is.
Dit gebeur maar somtyds wees n gebrek aan n gereelde inspeksie en onderhoud maar hoofsaaklik weens n gebrek aan kennis en ondervindinge en die vermoe om n situasie op te som.Dit kon voorkom gewees het maar die spreekwoord se ” dont monkey with machinery” as jy nie weet wat jy doen nie.
Ek het gehoor dit het by Monash Universiteit gebeur, nie Unisa…
Wat is ‘n kragboks, dalk ‘n soort “slang”.
Dit moet eerder Mini substasie, substasie of distribusie kas wees.
Lekker lees!
Dis ‘n tannie op ons bidgroep se skoonseun…moenie altyd julle eie afleidings maak alvorens julle die hele storie ken nie, is dit nie maar so tipies van ons ou volkie nie? Hull het hulle werk probeer doen.
Nou presies wat is anders aan die tipiese ons ou volkie as aan ander mense? Ek sal nogal daarvan hou dat jy terugvoering gee op die vraag.
Miskien bedoel jy dat dit tipies is van ‘ons ou volkie’ om hul werk te doen.
Wat het geword van simpatiek wees…die mans het gewerk daar…ons hoop op spoedige herstel… blessings vir julle en families betrokke…