Vermiste Boksburg-tiener opgespoor

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Die tienermeisie van Boksburg wat Maandag vermis geraak het nadat haar ouers haar by die skool afgelaai het, is Sondag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal gevind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het aan Maroela Media bevestig dat Anchené van den Berg (17) opgespoor is. “Geen verdere besonderhede kan in hierdie stadium bekendgemaak word nie, aangesien die saak verder deur die polisie ondersoek word,” het sy gesê.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die meisie is in Durban opgespoor. “Al wat ons nou kan sê, is dat die polisie met haar op pad is Johannesburg toe en dat sy vanmiddag terug by die huis sal wees. Die polisie ondersoek die saak en meer besonderhede sal later bekendgemaak word.”

Anchené, ʼn gr. 11-leerder aan Hoërskool Oosterlig, het vermis geraak nadat haar ouers haar Maandagoggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Pieter, Anchené se pa, het vroeër aan Maroela Media vertel dat hy om 10:30 weer by die skool was om sy dogter op te laai, maar dat sy nie soos verwag uit die eksamenlokaal gestap gekom het nie.

Beeldmateriaal wat vanaf die skool se veiligheidskameras bekom is, het getoon hoe Anchené tien minute nadat sy afgelaai is weer by die skoolhekke uitstap. Pieter het gesê hulle het ook ʼn brief in haar sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”.

Pieter kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Tyd dat ouers hulle kinders se gatte pers begin slaan, maak nie saak hoe oud of hoe klein nie. Hoeveelste een is dit wat wegraak en dan weer opgespoor word. Al die moeite en verdriet om hulle weer te kry. Moet sommer ‘n nag of twee in die tronk ook gaan slaap.

MB ·

is jy ‘n ouer? Indien so, kalmeer bietjie. Ek sal ook wegloop as ek kommentaar soos joune lees.

Marius ·

Wens dit was so maklik. My 14-jarige dogter openlik rebels en parmantig, presteer baie swak. Toe ek haar na maande se waarskuwings bietjie vasvat, dreig my liewe vrou my met die polisie. My handjies netjies afgekap

Alete Muller ·

Stem so saam!!!!! Matriek geskryf en steeds niks tussen die ore nie!

MissDemeanor ·

@Marius. Ek was glo ook ‘n parmantige rebelse tiener met ‘n pa wat gedink het hy moet my vasvat voor ek ‘n washout word. Sy rigiede autoritere houding het my ook daartoe gedryf om die huis te verlaat. Sy disipline het my nie gehelp nie, dit het my amper vernietig. Vandag is ek goed gekwalifiseer, het ‘n gemaklike lewe en is self ‘n ma. Ek hoop dat my kinders nooit ooit bang sal wees vir my nie. My lewe as tiener sou soveel anders gewees het as ek my ouers kon vertrou en eerlik met hul kon wees. As jou kinders bang is vir jou het jy verloor. Vra jouself eerder waarom wil jou dogter rebelleer. Tieners probeer maar net om hulself te vind en uit te werk wat hul eie waardes is, al wat jy moet doen is om lief te wees vir haar soos wat sy is, sonder om te verwag dat sy iets anders moet wees.Sterkte.

Inge ·

Trudie, ek stem saam. My pa het ons boude warm gewiks. Ons het hom gerespekteer en ons het geweet waar ons staan. Ek het self twee kinders, nog nie tieners nie, maar so nou en dan is ‘n paar houtjies nodig. Ek praat nie van doodslaan nie. Daai kind het haar familie in ‘n massive toestand gehad, nou moet mens haar gat ook nog lek, nee wat. Sy moet gestraf word.

Hanri ·

Trudie, ek is jammer maar ek stem nie saam met jou kommentaar nie, niemand het geen reg om hulle kind se “gatte” pers te slaan nie want in my oe is dit mishandeling as jy jou kind slaan dat daar merke is. En op watter ouderdom is nie te klein vir n pakslae nie, jonger as 2 jaar oud? want as dit die geval is stem ek ook nie saam nie want dan is hulle maar nog n babatjie. My seuntjie is 3 jaar oud en kry n toegepaste pakslae as hy stout is maar nie pers nie….

Hannelie ·

Dankie Trudie, ek stem 100% saam met jou. Praat en skree help lankal nie meer nie, dis oor kinders nie meer getug mag word, dat hul doen net wat hulle wil. Hanri ek dink nie Trudie het bedoel “pers” nie, dink sy het net haar frustrasie uitgedruk.

Tascha ·

Pers is darem nou nie aanvaarbaar nie mens slaan nie jou kinders dat daar merke sit nie jammer maar genoeg is genoeg mens mag darem jou kinders disiplineer en daar moet ‘n gesonde lyn tussen bang wees vir jou ouers en respek hê vir jou ouers wees. Ek het self ‘n tiener dogter wat pas matriek geskryf het en as my 2 jonger kinders enige iets soos sy gaan wees sal ek nooit ‘n dag se bekommernis hê nie! Goed opgevoed en het tot op die ouderdom van 17 nog ‘n goeie loesing gehad ek dink sy’t daar haar les geleer. Ek self was 22 toe ek my laaste pakslae gehad het en ek het ‘n heilige respek vir my Pa. Dis oor kinders nie meer pak kry nie dat hulle so vieslik en ongemanierd is! Spare the rod and spoil the child dan plug jy-self vir jou eie agter-ent ‘n lekker lat onthou dit!

DPJ ·

Na mate ons mense weg beweeg van skrifbegensels sal die al meer en meer gebeur!

Marinda de Villiers ·

Baie sterkte aan die ouens. Ons kind was met ordenlikte beginsels groot gemaak. Het 3ondersleinings in matriek behaal kon 5 gehad het . Sy en ons is christene en die man wat haar gevat het het haar met Bybelversie om geloop en sy ma het hom nog gehelp . Baie bly sy is so gou terug by julle. Alhoewel ons geweet waar ons kind was kon ons niks doen nie . Sy was klaar 18 en hou hande is af gekap. Wees net rus en baie lief vir haar . Verwyte help en gaan sien asb almal iemand om mee te praat . Ons het nie en dit vat nog baie aan my . Bid vir julle .

George ·

G
Die grootste probleem is dat die regte “medisyne” vir ‘n ordentlike opvoeding, naamlik ‘n goeie PAKSLAE op sy tyd, uit die mode geraak het!

Nettie ·

Stem saam, George. ek is in my 40’s en het groot geraak met ‘n deftige drag slae wanneer dit nodig was. My ma het meesal die “allerdaagse afstof” gedoen, maar as ons nou regtig drooggemaak het, het my Pa ingespring met ons pakslae-ding: sy naam was Glimlag.

Vandag se kindertjies het die lewe te maklik en het te veel regte. Hulle hoef nie huiswerk of tuiswerk te doen nie, hulle lê heeldag op die slimfoon of tablet en speel games of is op sosiale media; hulle hang in winkelsentrums rond en kry te veel sakgeld (vir niks doen nie); hulle mag nie pakslae kry nie want foei tog, ‘n mens sal hul vir ewig skaad!

Ons is grootgemaak met take wat in en om die huis gedoen moes word en waarvoor ons sakgeld verdien het. Ons is gefoeter as dit nodig was. En jy het geluister as jou ouers praat. Daar was nie eens sprake van teëpraat of weier om iets te doen nie. En ons almal het normale, goedopgevoede mense uitgedraai.

Vliegie ·

Ek stem 100% saam George & Nettie! ‘n goeie pakslae op sy tyd verrig wondere! Ongelukkig is daar ouers wat oorboord gaan en dis waar die skade dan inkom…..tug is eending aandrand heel ander siek storie. Ek goed gewiks in my skooldae maar ek beslis nie my ouers gevrees nie, alles behalwe, ek het nou meer as ooit die wereldse respek vir hulle, maklik om kinders groot te maak is dit beslis nie!

Berhalet Beukes ·

Sy verdien ‘n loesing van formaat! Daar is geen anders raad vir selfsug nie! Doen jou eie ding, geen probleem, maar moenie jou ouers deur so iets sit nie!

heni seemann ·

berhalet,
jy tree as regter op, alhoewel jy niks van die omstandighede af weet nie… wow wat vir ‘n held as man is jy dat jy ‘n jong volwasse vrou van 18jr ‘n loesing van formaat wil gee… geweld is bloot ‘n reaksie omdat mens magteloos is… jy het geen idee hoekom die jong vrou weggeloop het en haar aan soveel gevaar blootstel nie… hoop nie dat jy kinders het nie…

louis ·

Siestog en as hulle 18 word dink hulle ek is nou groot en gaan my eie ding doen. Eie ding se g@t hulle is nog kinders.

Antonie willem van den berg ·

Hormone dis net mens nie n misdaad en nie n teken van n swak opvoeding

GES ·

Die “sielkundige” opvoeding het skynbaar nie die regte resultate gelewer nie.

heni seemann ·

na aanleiding van jou kommentaar lewer “lyfstraf” die regte resultate? op watter planeet leef jy?

Brolloks ·

Netsowel kon sy haarself in Beit Str bevind het, Sarel, of dalk Point Road, het jy al vergeet? Ons het self met so ‘n geval in die familie gesit en dis agv van ‘n gebrek aan dissipline van kleins af. Goed, ek sal toegee dat sommige kinders net eenvoudig hulle eie koers inslaan, ongeag van wat die ouers ookal probeer.

SkarrelKind ·

MB, dis al wat ek ook entlik wou sê. Wie ken tog nou die omstandigheded. Ek bly liewers stil.

RD ·

Hulle was vinnig om die publiek te nader om te help soek, maar nou is dit ewe skielik weer n private aangeleentheid en gaan mens niks weer hoor nie. Moet dan nie sosiale media toe hardloop nie!

Thelma ·

En was dit dalk jou kind Mnr/Mev ? Sou jy nie graag jou kind wou opspoor en dan maar die verleentheid wou gespaar gewees het en in privaatheid wou oplos nie? Nea, sies vir jou.

Annie ·

Dis heeltemal korrek…ons het nie nodig om die redes agter hierdie dinge te weet nie…dis n private aangeleentheid wat tussen die kind en ouers uit gesorteer moet word.

SkarrelKind ·

Ons hoef nie te weet nie. Ons kan net bly wees die kind is nie net nog ‘n statistiek nie. Hulle moet maar die aangeleetnheid aanspreek en oplos – dis tog tussen hulle en niks met ons te doen nie. Ons plig is as mens is net om te help soek en tê as ons iets gesien het of iets weet.

Magda Blom ·

Soveel pyn en angs word ouers aan blootgestel net “om sonder jul toestemming te doen wat ek wil – hoe sleg ook al” Ek wonder of die kinders ‘n snars vir hul ouers se gevoel omgee – dit is sleg verby

heni seemann ·

jy dra geen kennis van die omstandighede nie en matig jousself aan om die jong volwasse vrou te veroordeel? die teenoorgestelde van jou posting kan ook die oorsaak wees hoekom so ‘n jong vrou haar aan soveel gevaar blootstel…

Peet Schabort ·

Hoe begin die skinderstories nou weer?
Ek wil egter ‘n WARE kinderstorie vertel. Die stories begin mos met “Dit was lank lank gelede dat . . . ”
Nou-ja, dit was lank lank gelede (65 jaar) dat Herbie (sy regte noemnaam) besluit het hy gaan nou wegloop. Herbie, gedoop Herbert, was ‘n regte egte boerseun met ‘n engelse van. Hy en sy familie het dus op ‘n plaas gebly in die destydse Oos-Transvaal.
Herbie was nog op laerskool en hy het ‘n verskilletjie gekry met iemand van die familie waarvan ek nou nie meer seker is. Hy gaan toe na mamma en deel haar mee wat hy gaan doen, nl. wegloop. Mamma ook nie links en sy pak sy tassie en sommer ook padkos vir die mannetjie want daar kan mos nie sommer van die wegtrek al honger gely word. (Hier dink ek was al die keerpunt maar hy het dit nie gewys). Die afskeid vind plaas en daar vat Herbie te voet die plaaspad terwyl mamma hom voorspoed toewens en met die hand toewuif. Dit was hier in die middag se omgewing en daar gaat hy met tassie in die hand en sy pakkie padkos.
Hy maak goeie vordering totdat hy net oor die eerste bult is buite sig van die plaasopstal en daar gaan sit hy. Toe dit begin donker raak is Herbie terug by die huis. Hy word hartlik terug verwelkom en dit was die einde van Herbie se omswerwing. Niemand het ooit weer ‘n woord daaroor gerep.
Ek wonder waar is Herbie, seker nou Herbert, vandag?

SkarrelKind ·

Hahahaa. My suster het ook weggeloop. Toe sy 7 of so was. My ma het vir haar ‘n netjies sakkie gepak, met soon panties en koos en tandepasta. En toe saan haar tot by die hekkie geloop en haar die beste toegewens.

Ek was so 9 en het die gedoente verskrik dopgehou en gedink en gaan my sussie nooit weer sien nie.

Ek het sommer gesoen toe Ma die sakkie bring, het die lus vir sus gelos. Maar Ma het volgehou.

Sy was ook net 15 minute lang weg. En het nooit weer gedreig nie.

Frans ·

Ek.voel jamer vir die ouers en se net danki dit het nogi my oorgekom nie ek trots op myne

heni seemann ·

frans,
ek is ook trots op my kinders met al hul foute en tekorkominge…
jy voel jammer vir die ouers…? ons weet nie wat die omstandighede was, dat ‘n jong volwassene so ‘n besluit geneem het nie… en al sou ons dit wees, staan dit ons nie toe om te oordeel nie…

pop ·

Marius ek hoop as jou kind die pad byster raak sal jy vir jou vrou se “I told you so” en haar dan los om die gastaiings uit die vuur te krap. Die groot fout deesdae is dat mamma wil vriendin wees vir die te groot vir hulle skoene, kinders van hulle. Mevrou, jys hulle ma, wees dit en hou op om vriendinne te wil wees.

Marius ·

Pop. Ek waardeer jou terugvoering. Ongelukkig gaan hierdie situasie op n egskeiding uitloop. Missdemeanor, ek besef wat jy probeer se en waardeer ook jou antwoord. Ek het self met n dronk pa groot geword vir wie ek banger as die duiwel self was. Ek self gebruik geen alkohol in enige vorm nie, rook ook nie. My kinders baie bederf, op 12 en 14 het altwee selfs hul eie karre waarmee ek hulle naweke hier in die bos laat ry, seun het sommer 2 motorfietse. Hulle waardeer niks, my seun krap my splinternuwe kar met sy motorfiets dan se Ma vir hom ek soek net weer moeilikheid en maak n afgod van my goed. Ek kan nog baie goed hier bylas. Missdemeanor, as jy nog hier lees gee my asb jou email adres, wil graag fotos van dogter se kamer met jou deel. Scary. Tel. XXXXXXXXXX

(Die telefoonnommer is verwyder om die gebruiker se privaatheid te beskerm. Indien jy Missdemeanor is, kontak ons dat ons jou met hierdie persoon in verbinding bring. – Red)

heni seemann ·

ek is geskok oor die naive postings hier oor mense wat hulself volwassenes noem!
sonder enige kennis van feite word hier, uit pure magteloosheid, na lyfstraf geskree! as dit tog maar so maklik was…
aan al die “christelike” ouers wat dit op hul vaandel skryf maar nie self leef nie… gaan lees die gelykenis van die verlore seun wat sy erfdeel met hoere deurgebring het… sy broer wou liewers soos julle hom met die “sambok” ‘n les of twee leer… maar sy vader het hom met ope arms ontvang omdat hy hom liefgehad het… dit is “bybelse sielkunde”!

GES ·

As ek die gelykenis reg gelees het, het die verlore seun met die toestemming van sy pa weggegaan (nie gedros nie). Dit het nou wel nie sy pa se seënwens weggedra nie maar hy is laat gaan. Die inhoud van hierdie nuusberig verskil ‘n bietjie van die gelykenis van die verlore seun. Die gebrek aan dissipline kan maklik ontaard soos met Elie en sy twee seuns. Ek stem saam ons weet nie wat presies gebeur het nie maar ek keer die meisie se gedrag ten sterkste af.

Inge ·

Henni, jy lewer darem maar baie kommentaar. Weet jy hoe sukkel party ouers vandag se dae met hulle tieners. Party tieners is regtig baie erg, dreig hulle ma’s om weg te loop as hulle nie iets kan kry nie etc. Hierdie ouers is goeie ouers en doen alles vir hulle kinders. Om mense net so aan te val en te kritiseer is ook nie reg nie en moet asb tog nie weer die bybel inbring nie. As jy wil preek, gaan preek in die kerk. Ons werk hier met regte probleme wat ons as mens moet uitsorteer. Mens kan ook nie altyd net alles oorlaat nie en hoop vir die beste nie, jy het ‘n verstand gekry, gebruik dit.

heni seemann ·

jy vergeet dat die verlore seun sy erfenis met hoere deurgebring het… nogtans het sy pa hom in liefde omhels…
daar ek die omstandighede nie ken nie, kan ek die gedrag van die jong vrou nie afkeur nie… die meeste postings hierrond veroordeel die jong vrou…
daarom het baie kinders / vroue ens. wat tuis mishandel of seksueel misbruik word geen ander alternatiewe as om weg te loop nie, want hulle vind nerens gehoor vir hul probleem nie… in SA sal mens nie sonder rede hierdie opsie oorweeg nie…

SkarrelKind ·

Henni – los die verlore seun hieruit. Ons het die eerste keer gehoor. Wie ken tog nou die omstandighede?!

Dis ‘n media bladsy – mense gaan oordeel en kommentaar lewer – aanvaar dit nou maar so.

GES ·

Dit is sekerlik so. Dit is vir my net jammer dat sy nie gaan hulp soek het nie. Ek is ook bewus daarvan dat ons bleek mense nie altyd gehelp word nie, wat dit ‘n “catch 22” situasie maak. Ek hoop nie sy het letsels opgedoen in die proses nie want dit gaan dit net nog erger maak.

Landi ·

Deesdae loop kinders gereeld weg en maak met ouers net wat hulle wil, straf mens hulle moet jy hoor hulle het ook regte, pakslae help niks want dan word jy as ouer met SAP gedreig, nou wil ek maar net as ouer vra, het ons as ouers geen regte?? Geen gevoel?? Kinders in vandag se tyd het geen respek vir niemand en niks nie al wat by hulle tel is me,myself and i.

Blommetjie ·

Sterkte aan almal betrokke! My hart gaan uit na julle. Weet nie wat die omstandighede is nie maar ek as ouer van 2 tieners weet dit is nie altyd maklik nie, tye het al so verander en die druk op tieners is baie anders as toe ek tiener was. Dis nie altyd maklik om n oop verhouding en n oop gesprek met hulle te he nie. Jou tydsberekening moet net reg wees dan maak hulle oop!

Swanna ·

Wat ek graag wil weet , hoe het sy in Durban gekom? en dit is nou ook ‘n algemene ding dat almal Durban toe nuuk. Hierdie was ‘n beplande uitog en dit id nie allen die ouers se skuld nie. Die ouers word altyd beskuldig omdat hulle kamstig te streng was. Snert sy het verkeerde vriende wat haar beinvloed het en as jy haar daaroor aan vat sou sy ‘n vloermoer gooi. Weereens is disipline die antwoord en ook op die regte tyd, ek weet dit is maar moeilik en soos een van die vorige persone gese het as God nie deel van jou huishouding is nie val alles uit mekaar. Wat my die ergste pla is dat is net meisies wat in die laaste tyd wegloop van hulle ouers se huis. Is daar iets fout met hulle hormone?

SkarrelKind ·

Swanna – “is daar fout met hulle hormone” is nou wragtig waar een van die belaglikste veralgemenings waarvan ek nou in ‘n l-a-n-g tyd gehoor het. Asb verduidelik dit aan ons sodat ons ook verstaan.

Anoniem ·

Ek is so bly ek dien n alwetende God, wat regverdig oordeel en nie een van julle, wat nie eens die mense of die omstandighede ken nie, maar so gou wil oordeel. En dan dié wat so gou al die details wil hoor. Lees die berig weer. Dit sê dat sy gekry is en OPPAD huis toe is. Julle soek al die details voor die ouers en die familie? Skaam julle. Hou op om skinderstories te soek. Ek ken die mense persoonlik, en ek kan dink watse hel dit moet wees. Vir die ouers, en vir Anchene. Nie een van julle weet wat gebeur het nie, nie een van julle bly saam met hulle in die huis nie. Hou op om julle eie gevolgtrekkings te maak, asof julle alles weet. Hoe weet julle of sy ‘geen disipline’ of ‘geen pakslae’ gekry het of geen ‘bybelse beginsels’ het nie? Hoe kan julle net aanneem dat sy agter mans aangeloop het? Wie sê dit het enige iets met hormone uit te waai? Die doel om na sosiale media toe te gaan is nie vir skinderstories nie. Dis sodat soveel mense moontlik kan help soek. Wees bly sy is lewendig gevind (al sou sy self besluit het om weg te loop!), wees bly sy is weer vereenselwig met haar familie. Gun hulle die geleentheid om die blydskap van n vereenselwing te ervaar. Gun hulle die spasie en tyd om die verwarring en hartseer uit te sorteer. Die enigste nuttige ding wat julle eintlik kan doen is om te bid vir hulle. Los die tongklappery en gaan op julle knieë en bid vir n slag ernstig tot God. Ons almal is sondaars en verdien die dood. Hou op om ander mense te oordeel, as jy self sondig is. Almal bly in huise van glas.

B ·

Ek is bly vir die ouers en familie van haar. Dis die ergste om nie te weet waar jou kind is nie.

Ek wonder soms of meeste tieners ooit besef in watse gevaar hulle, hulleself insit? Vandag kan jy nie net verdwyn nie.

Sy kan blêrrie bly wees sy het nie slegte ondervinding ( dis nou te sê as sy nie het nie) ervaar nie.

Peet Schabort ·

Dit lyk nie of sy haar laaste vak geskryf het?
Só naby maar tog só vêr . . .

MB ·

Ek as ouer sit myself in daai ouers se skoene, alles wat deur jou gedagtes moet gaan , elke keer as jou foon lui! Mens kan jou kind goed groot maak, regte waardes en normes maar kinders dink en besluit vir hulself en vir elke besluit is daar ` n nagevolge en hoe gou die kinders dit besef hoe beter! Baie bly sy is terug en veilig maar `n straf van een of ander formaat sal sy moet kry om haar mooi te laat dink oor wat sy haar ouers deur gesit het! Sterkte vir haar en haar ouers vir die ”healing” proses en laat dit vir die res van ons `n les wees om vandag met ons kinders te praat !

Gesiggie ·

Baie bly dat jy veilig is Meisie… maar ja al die Hel wat jy jou ouers deur gesit het… onnodig?? Ek dink hier was n ou betrokke, wat jou kop vol dinge geprop het, dat jou vryheid baie beter sal wees saam met hom?? n mens loop nie net weg??? en veral nie op so n sklem manier?? Kry jou kop skoon, praat met jou ouers…. maak jou skool klaar presteer”” en dan kan jy die lewe buite gaan toets… om te kyk? of jy sal kan servive”’om op jou eie voette te staan… maar vir nou”’ bly by jou ouers en bly veilig”” daar is nog baie tyd vir vryheid”’jy is nog jonk”’

Anoniem ·

Ek dink haar hele ondervinding was ‘straf genoeg’. En die oordeel wat sy moet ontvang van alle kante af. Sy moet haar familie weer ‘face’. Glo my, enige verdere ‘strafgerig’, gaan haar net verder van die familie af verdryf. Ek praat uit ondervinding. Wil jy hê die ouers moet hul dogter met liefde ontvang en haar behou, of verder straf en haar heeltemal verloor? Ek weet die ouers is deur hel. Om vir amper n hele week nie te weet wat van jou dogter geword het nie, of sy nog lewe nie, hoekom dit gebeur het nie. En nee, dis nie net die ouers nie. Wat van haar suster? Waardeur moes sy ook gaan? Haar suster is weg, haar ouers is in n toestand. Wat van haar niggies en nefies? Ooms en tannies? Oumas en oupas? Almal het deur n baie moeilike tyd gegaan. Ek het nie een keer van die familie af gehoor dat sy gestraf moet word as sy terugkom nie. Hulle het net gebid, sonder ophou, dat sy veilig sal wees en weer lewendig gevind sal word en huis toe kan gaan. Plaas jouself in Anchene se skoene. Maak nie saak watse rede daar was vir die besluit nie. Jy is weg, jy weet jou ouers is omgekrap (al weet jy nie waardeur hulle werklik gaan nie, jy weet hulle is upset), jy weet jou hele familie soek jou. Jy weet jy het die besluit gemaak en dit is te laat vir omdraai. Die skade is reeds gedoen. Vir die res van jou lewe, gaan mense na jou kyk met ander oë. Alles wat jy sê of doen betwyfel. Vir die res van jou lewe gaan die skinderstertjies (wat gladnie waar is nie) sy invloed hê op hoe mense jou gaan behandel. Ek het dit self ondervind. Mense wat nie weet wat die feite en omstandighede is nie, lug te graag hulle opinies en las hulle stertjies. Mense wat jy glad nie eens ken nie, ‘ken jou’ nog voor jy hulle ontmoet. En daardie oordeel is n helse straf. Dis genoeg gevolge vir n verkeerde besluit. Die hond is reeds gewond, en lê teen die grond. Moenie nog verdere skoppe uitdeel nie

Tascha ·

Jong ek neig nogal om met jou saam te stem. Ek was 12 toe my ouers geskei is en hulle was so behep met hulle probleme dat hulle nie regtig omgegee het was met my en my suster gebeur nie. Ons is so rongestuur tussen die twee huise en ek was maar altyd ‘n stil kind gewees. Toe ek ‘n baie ouer man ontmoet wat vir my vertel hy sal vir my sorg het ek gedink hy’s my ridder op sy wit perd. Ek was 17 toe ek met hom getroud is 18 toe ons eers kindjie doodgebore is omdat hierdie man my geslaan het 19 toe ons 2de kind gebore is en met my ouers se hulp is ek van hom geskei voor my 21ste verjaardag. Ek moes ook my ouers gaan ‘face’ en ek kan in alle eerlikheid sê dat ek vandag 21 jaar later steeds deur my familie herinner word dat daar ‘n tyd was wat ek nie na my ouers geluister het nie. Ek moet noem ek glo nie aan kinders met sielkunde groot maak nie – ‘n pak op sy tyd is soos brood en konfyt en ek was 22 toe ek die laaste keer pak gekry het en dit omdat ek my nuwe stiefma iets lelik toegesnou het. Mense daar’s altyd ‘n rede hoekom ‘n kind iets so drasties sal doen soos om weg te loop onthou vir hulle lyk dit op daardie tydstip soos die enigste uitweg of is hulle beslis deur iemand anders beinvloed! Ek glo nie daaraan dat ‘n kind so geslaan moet word dat hy/sy die merke moet dra en vir die wêreld moet wys nie maar ek glo ook daaraan dat ‘n goeie loesing soms die enigste manier is waarop mens vir jou kinders kan wys dat sommige dinge eenvoudig nie aanvaarbaar is nie. Om in hierdie geval hierdie kind verder te verneder deur haar ‘n pakslae te gee sal haar net verder van haar ouers vervreem. Nee, wat praat, nie skree en verwyt en blameer nie maar eerder net praat oor alles wat pla is al manier waarop hierdie kind ooit weer gaan voel asof sy inpas ‘n plek het in die familie of selfs gaan voel asof sy iets vir haar familie beteken.

alida ·

Gaan soek aandag op ‘n ander plek. Die SAPD het genoeg werk !!

Dis hoe dit is ·

Ek wonder ook hoe volwassenes so kan reageer,,,,,,
Weet wat my kwaad maak is die ding dat kinders ALTYD vergelyk word teenoor mekaar.
Darm is my kind nie son nie.
Darm doen my kind dit nie.
Darm het my kind goeie vriende.
Darm het ek my kind reg groot gemaak en so kan ek aangaan.
Elke liewe person van geboorte tot sterfde VERSKIL mense.
Jy kan wat doen en se vir jou kind, ongelukkig is daar baie dinge waaroor ONS as ouers ALTYD sal TOP en daai ouer wat glo hy maak ENGELTJES groot, sterkte vir jou. want n kind bly n kind ongeag hoe GOED opgevoed, iewers beland n kind in die moeilikheid en dis wanneer ons as ouers die lyding moet neem.
Net so vir die os op die mens kry wrede ouers en ek se nie in die geval nie.
Maar ongelukkig ken NIEMAND die omstandighede nie. Wees eerder dankbaar die kind is veilig.

Frans ·

Woorde wek maar dade trek. ‘n Kind is vandag mondig as jy 18 word.Dit beteken jy kan jou eie besluite neem en stem vir wie jy wil.Dat 18 mi veels te jonk vir dit is, verander niks aan die saak nie.

Die kind wou haar eie ding doen en daar is niks verkeerd met dit nie.Maar soos ek vir myne
gesê het daar is nie iets soos halfpad selfstandig nie.As jy jou eie ding wil doen ,dan is jy verantwoordelik vir jou eie onderhoud,jou eie vervoer, jou eie ryding, jou eie dak oor jou kop,sakgeld ens, Dus finansieel selfstandig.

As jy nie tot dit instaat is bly jy onder my dak en geniet jou vryheid binne die grense wat ek en jou ma vir jou as ouers neerlê en ons op ooreengekom het met jou.

Verhoudings moet dus ondersteun word deur ooreenkomste met billike grense vir alle betrokke partye.Laat ons dankbaar wees die kind is terug.Wonder net wie het haar by die skoolhek opgelaai en Durban toegeneem.

WLW ·

Ek hoor wat jy sê… Mar jy as ouer moet reels gee – nie onderhandel oor wat aanvaardbaar is nie…

Frans ·

Alle ooreenkomste moet billik wees.Dit is juis onbillike eise wat sommige ouers stel wat
kinders moeilik vind om aan te voldoen wat hul nog meer rebels maak.Bv dit is naweek en die kind wil saam met maats gaan fliek en die se ouers wie jy ken sal die kinders op en aflaai.

Daarna gaan hul iets eet by ‘n restaurant.Wat reken jy is ‘n billike tyd wat die kind by die huis moet wees? Dit is Saterdagaand. Gaan jy bly staan by jou rigiede 11 uur, of reël jy dalk met die ander ouer dat die kind by hulle oorslaap en weer Sondag huis toe kom.

Maar soos ek jou kommentaar lees klim jy in jou motor en gaan haal die kind by die fliek
en verwyder haar uit die geselskap omdat jy die baas is en jy alleen besluit wat aanvaarbaar is.

As dit die geval is het jy ‘n rebelse tiener en ‘n potensiële wegloopkind onder hande.Dit gaan oor respek en nie vrees in verhoudings.

Willie ·

Kom ons skets gou ‘n prentjie: ” Die lyk van ‘n 18 jarige meisie is gevin in ‘n verlate veld naby haar tuis dorp. Volgens alle aanduidings is sy …………..”
Mense,sy is lewend en veilig terug by haar ouerhuis!!!! Dankie Liewe Here…..Bogger al die lyfstraf en tugtiging en whatever….dank God sy is veilig en ongedeerd…DIT IS AL WAT SAAKMAAK…al die res is nietige klein by sakies…probleme kan uitgesorteer en opgelos word…SY IS VEILIG TUIS….DIS AL WAT TEL!!!!!! Dankie HERE
Groete
Willie

Jaco ·

Bly sy is gekry, die pink ladies weet wat hulle doen. Hier kan n groot omelette gemaak word met al die eiertjies wat gelê is, of hoe sê jy heni seemann?

Pops ·

Voel bitter jammer vir die ouers, ek dink dwelms en verkeerde vriende is hier betrokke, ek het ook ‘n probleem kind, wat al paar keer weggeloop het, en tot op die ouderdom van 28 jaar, sit sy nog met dieselfde probeem, dit is altyd ‘n stryd vir haar om nugter deur die dag te gaan. Ek hoop die ouers sal ook seker maak dat dit nie dwelms is wat die probeem is nie. Sterkte vir die pad vorentoe!

sarie van heerden ·

Ek lees al die raad en kommentaar maar bly bewus daarvan dat dit vandag baie moeilik is vir enige kind om kop te hou in ‘n baie deurmekaar wereld. Ouers is ook nie altyd voorbeelde nie want ek weet nou van ‘n gesin waar die werklose pa en ma albei in hul 50s sonder heenkome sit en sopas by familielede ingetrek het vir die kersseisoen! . Hul besit NIKS, is werkloos maar rook en drink nie, die man SUIP en stink aanmekaar na ‘n vrot drankasem. Watse voorbeeld is DIT vir sy kinders en kleinkind. En natuurlik, ek ook, kritiseer ons die jong kinders.

Theresa B ·

Poppie – as jy my kind is sal jou gat brand. Of jy nou 17 of 117 is…………………………………..

Mulller ·

Die van julle wat lyfstraf so maklik kritiseer het seker nie kinders nie het julle? Want trust my as jy sit met ‘n kind wat jou dreig, sleg se, se hy sal nie leer nie, se hy sal jou lewe nag maak, vir jou vertel hoe werk dinge nou eintlik. Wel ja dan dink jy baie vinnig aan lyfstraf. Glo my ons het alles probeer van hok, na selfone en tablets wat weggeneem word, met die skool gaan praat, gereel dat hy iemand sien, ons oe uitgehuil, gesoebat, gesmeek, gedreig. Ja dis maklik om te praat as jy aan die anderkant van die draad staan, wag tot jy smak bang midde die situasie is. My raad aan almal wat so maklik en vinnig oordeel, hou bietjie terug, bly stil, eendag is eendag dan sing jy ook ‘n ander deuntjie. Mens oordeel nie ander mense so vinnig nie, pasop!

Mercy ·

Geen wonder ons nasie is waar hy is nie. As ons wit afrikaners nie moan oor rassisme en plaasmoorde nie, dan moan ons oor die oppinies en sieninge van ons eie ras. Hou op nuus lees, want lyk my elkeen hier is ‘n polisieman, ‘n sielkundig, ‘n siener, ‘n ouer, ‘n pastoor en ‘n GOD! Gaan lees EEN hoofstuk in die bybel, en dink weer voordat almal so judge en klippe gooi! 1 Kor vers 13 ….. en sonder die liefde is ons NIKS.

rosemary ·

elke huis het sy kruis elke hart het sy smart kom ons bid vir die probleem knders

Lana ·

Ek bid en dra die kind op na die Here, ek bid vir haar ouers en ek bid vir elke liewe kind in Suid-Afrika en elke liewe ouer daar buite. Ek gaan nie oordeel nie, dit is nie my plek of my werk om dit te doen nie maar ek gaan bid vir Suid-Afrika en al ons kinders en ouers van naby na ver om elke hoek en draai. Blessings vir almal!

RITA ·

Lana as meer Suid Afrikaners begin bid en glo kan die land van ons n baie beter plek wees. Dit is al wat ons redding nou is. Inge nou val jy sommer die Bybel ook aan. Gaan lees bietjie weer Psalm 23 asseblief.

Jen ·

Ek self was so simpel meisiekind!! Het altyd aandag gesoek op die verkeerde maniere!! My ma moes my harder slaan! Ek het vandag my eie 2 meisiekinders en ek wil glad nie hê hull emoet dieselfde padjie as ek stap nie. Deesdae se kinders- ek inkluis- kry net teveel en wardeer te min. Dis mos nou ‘n REG en nie meer ‘n VOORREG nie. Meisiekinders moet regtig beter opgepas word en JA… Nie haar maatjie wees nie mamma.. wees haar MA.

susan ·

Pakslae, is hoe lui, onbetrokke ouers hulle kinders groot maak. As jou kind vir jou bang is, beteken dit nie dat hy jou respekteer nie.

Steph ·

Ek is beslis nie ‘n lui,onbetrokke ouer nie,nog minder my man. My kinders kry slae OP SY TYD. Hou op oordeel!!! Sy is veilig,maar ek weet een ding,pops,as jy my kind was,het jou alie gebrand!!! O,en Mercy,3 boere na aan my is deur plaasaanvalle,wag tot dit met jou gebeur, dan praat ons weer.

M ·

In Boksburg sluit hulle die honde na 5 toe. Anders byt die kinders hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.